Drinkwater van diere: PEROXSIL dalk die antwoord teen Bek-en-Klouseer

bek en klou
Suid-Afrika se herhaaldelike uitbrekings van Bek-en-Klouseer (B&K) het die behoefte aan sterker voorkomende plaasvlak-biosekuriteit beklemtoon. Onlangse onafhanklike toetse deur die Landbounavorsingsraad (LNR) het bevestig dat PEROXSIL ’n silwer-gestabiliseerde waterstofperoksied, uitmuntende resultate lewer in die neutralisering van die B&K-virus in vee se drinkwater.
Voorkoming van B&K fokus tradisioneel op enting en die beheer van veeverplasing. Maar water—’n noodsaaklike maar dikwels oorgesiene faktor—is nou in die kollig. Diere drink daagliks groot volumes water, en gedeelde drinkbakke of -suipings kan vinnig ’n bron van infeksie word.
In baanbrekende toetse wat werklike plaasomstandighede nageboots het, het PEROXSIL uitsonderlike werkverrigting onder hoë organiese las getoon—spesifiek 5% BSA, wat aansienlik meer uitdagend is as die 0,3% of laer vlakke wat gewoonlik in ontsmettingstoetse gebruik word. Ten spyte van hierdie strawwe toestande het PEROXSIL ‘n ≥99.9999% (6-log) vermindering in bek-en-klouseer virus (FMDV) behaal, selfs by temperature so laag as 4°C. Dit maak dit besonder geskik vir gebruik dwarsdeur die jaar in uiteenlopende landbou-omgewings.
Belangrik is dat PEROXSIL steeds die enigste ontsmettingsmiddel in Afrika is wat onafhanklik getoets is vir die deaktivering van FMDV in water—waar die behandelde water beide mense en dier drinkbaar gebly het.
Tot op hede is PEROXSIL die enigste produk in Afrika wat vir die B&K-virus spesifiek in water getoets is—’n belangrike stap in proaktiewe bioskeriteitsbestuur.
“Hierdie navorsing wys dat water nie net ‘n risiko is nie, maar nou ‘n beskermende rol kan speel,” sê ’n woordvoerder van die navorsingspan.
Boere en landbou-owerhede word aangemoedig om PEROXSIL -waterbehandeling as ’n kernmaatstaf in hul B&K-planne te oorweeg.
Bron: Peroxsil