Driefontein se digitale stelsels: Hoe Gallagher die Breede-boerdery versterk

WhatsApp Image 2025-10-31 at 15.09.59
In Middelburg boer die Breede-broers op die plaas Driefontein, wat hulle pa 50 jaar gelede gestig het. Driefontein is nie net vir hulle ’n heenkome nie, dit is ’n nalatenskap, een wat beskerm moet word vir die geslagte wat kom.
Hier boer Naas Breede en sy broers met mielies, soja en kommersiële teelkoeie. Hulle bestuur ook hul eie voerkraal en slaghuis.
Om so ’n merkwaardige operasie aan die gang te hou, moet jy die ondersteuning hê van ’n maatskappy wat soveel oor jou boerdery omgee as jy. Daarom glo die Breede-familie in Gallagher se sekuriteits- en dierebestuurprodukte.
Naas vertel dat hulle reeds 15 jaar gelede by NAMPO met Gallagher se drukbeweidingstelsels te doen gekry het. Hulle het die stelsel aangeskaf om in die somer drukbeweiding vir hul beeste toe te pas.
Later het hy een naweek by ’n vriend gaan jag en was hy beïndruk met die elektriese heining op die jagplaas. Sy vriend het hom verwys na een van Gallagher se verskaffers. “Die elektriese heining wat ons voorheen gehad het, het omtrent nooit gewerk nie.
“Vandat Danie vir ons die Gallagher-heining kom opsit het, het ons nog geen probleme gehad nie. Geen vals alarms nie, die weerlig het hom nog nie uitgeslaan nie en hy het nog nie afgegaan nie,” vertel Naas.
Hulle het hierdie heining om die plaashuis se erf geïnstalleer en ook om die silos. Naas sê dat dit vir hom vreeslik gemaklik is omdat hy alles op sy foon kan doen. Hy woon in die dorp en sy swaer woon op die plaas. Die Gallagher-stelsel bring vir hom gemoedsrus omdat hy weet dat hy net sy swaer kan bel as hy ’n alarm kry en vinnig enige krisisse kan uitsorteer.
Op Driefontein het hulle ook sowat twee weke gelede oorgeskakel na Gallagher se EID-lesers om die beeste te merk, en twee 5 000 kg-weegskale laat installeer. “Ons het die EID-etikette gekry vir rekordhouding by die voerkraal omdat dit gebruikersvriendelik en akkuraat is,” vertel Naas.
Hy het voorheen ander produkte gebruik, maar verduidelik dat hulle nie so eenvoudig vir die arbeiders was nie. Met Gallagher se stelsel verminder jy die papierwerk, en minder inleeswerk beteken minder menslike foute wat kan deurglip.
Hierdie stelsel bied vir Naas en sy span die akkuraatheid en eenvoud wat hulle nodig het om die voerkraal suksesvol te laat aangaan.
Hy vertel ook dat hy twee ander skale vervang het met Gallagher-weegskale omdat hulle sterk is en met die etiketstelsel werk.
“Ons het dit so twee weke gelede geïnstalleer en ons het reeds 300 beeste met die skale geweeg. Ons is baie gelukkig met Gallagher se produkte.”
Volgens Naas is hulle so beïndruk met Gallagher se produkte dat hulle in die toekoms sal kyk om nog van hierdie produkte op die plaas te implementeer. Hy is veral nuuskierig oor Gallagher se geo-omheining.
Naas vertel dat hy met ’n geruste hart enige van sy bure of ander boere sal aanraai om van Gallagher se produkte gebruik te maak – vir die gemoedsrus wat ’n mens nodig het en gehalte wat hou.
Jy kan Gallagher se webtuiste besoek by www.gallaghersa.co.za om in kontak te kom met ’n Gallagher-verteenwoordiger wat jou sal bystaan.