Categories: MeganisasiePublished On: 17th August 2017

Só dra Scania die landbou

By 3 min read
669 words
scania

scania 1

Met Scania se groeiende markaandeel in Suid-Afrika word al hoe meer landbouprodukte deur dié betroubare vragmotors aangery. ProAgri het die afgelope paar maande met vele boere gesels wat met groot lof praat oor die betroubaarheid, goeie brandstofverbruik en bestuursgerief van Scania, maar wat hulle die meeste beïndruk, is die mense van Scania se dienslewering en begrip vir die omstandighede van boere.

Kyk net hoe wyd word Scania waardeer:

Groentebedryf:

“Dis belangrik om ons produkte tydig en vars op die mark te kry en beheer daaroor te hê. Dit is ook hoekom ons ons eie vervoer het,” sê Johan Greyling van Aqua-boerdery, buite Christiana.

“Ons het ’n langtermynverhouding met Scania.”

Rudi White, Aqua se pakhuis- en vervoerbestuurder, sê Scania bied ’n lae brandstofverbruik teenoor ander vragmotors en hulle naverkoopdiens is die beste. “Hulle reageer onmiddellik. As die vragmotor langs die pad breek, bel hulle die naaste skakelsentrum en hulle kom dadelik om dit reg te maak. Die vragmotor lewer dan nog betyds sy vrag af.”

Vee en wild

“Ons renosters ry so lekker in die Scania dat hulle nie eers wil uitklim as ons anderkant stop nie,” sê Sebastian Steyn van Goliatskraal by Kroonstad.

Sebastiaan sê sy oudste twee Scania-trokke het elk meer as ’n miljoen kilometer op die klok gehad voordat hy uiteindelik besluit het dit is tyd vir vernuwing. “My beestrokke ry elk gemiddeld so 25 000 km per maand en jy kan nie bekostig dat diere langs die pad staan en wag op herstelwerk nie. Die Scanias is regtig betroubaar.”

Landboumasjinerie

“Met Scania hoef ek nie, soos by ’n bank, nege opstelle te skryf om te verduidelik waarvoor ek ’n trok benodig wanneer ek aansoek doen om finansiering nie,” sê Paul de Wet van PEC Transport.

“Hulle verstaan my onderneming en my behoeftes. Dit help baie dat hulle self finansiering doen.”

“Ons het baie min staantyd met ons Scanias – hulle beweeg!”

Daar is tans 623 boere op Boere in Nood se waglys wat dringend hulp met voer benodig. BIN is ’n geregistreerde hulporganisasie.Kontak hulle gerus by boereinnood@gmail.com of sluit aan by die Boere in Nood-groep op facebook.

Ook wanneer landbou swaar trek

Eers was dit die boere in die Vrystaat en die noordelike dele wat hulp nodig gehad het as gevolg van die versengende droogte en nou reik hierdie boere weer uit na hulle medeboere in die suide. Dit is reeds die middel van die reënseisoen vir die Wes-Kaap en steeds is daar geen verligting nie. Na die verwoestende brande in die Knysnaomgewing is daar veral ’n gebrek aan weiding. Verder met die kus op na Port Elizabeth se kant toe, lyk dit ook sleg en boere moet al hoe meer steun op voer wat aangery word vir hulle vee.

Tommie Klopper van die hulporganisasie, Boere in Nood, sê boere in die noorde se hande is oop om skenkings te maak, selfs al het hulle net mieliereste om te baal. Boere van Bultfontein het hulle onlangs genader met ’n groot skenking voer wat aangery moes word en daar moes ’n bielie van ’n plan gemaak word vir vervoer.

Ronald Melville en Hendrik Fouché van Scania SA in Bloemfontein het tot die redding gekom en ’n Scaniatrok beskikbaar gestel, met diesel vir die lang rit. SA Truck Bodies en Renco het gesorg vir die sleepwaens waarop die vrag bale gelaai kon word en alles is ’n dag later afgelewer by Thornhill naby Humansdorp om boere wie se plase gebrand het te help. Verlede jaar het die maatskappye ook saamgespan en ’n maand lank ’n Scania G460 met ’n platbaksleepwa.

Ondersteun die vragmotormaatskappy wat boere ondersteun. Skakel Scania SA by 011-661-9600 of besoek www.scania.co.za om uit te vind watter oplossings daar vir jou vervoeruitdagings is. In die Vrystaat kan boere by 051-433-1218 met Wynand van den Berg van die hooftak in Bloemfontein praat.

scania

Scania SA het saam met Renco, ’n afdeling van SA Truck Bodies, die trok en waens beskikbaar gestel om voer na boere in nood by Humansdorp aan te ry.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0