Categories: Crop productionPublished On: 30th October 2017

Dow AgroSciences se Uphold™ klop peste twee keer uit

By 2 min read
435 words
uphold

upold 2

Tydens krisistye bied die private sektor nou maar eenmaal ’n uitmuntende reddingsboei vir boere. Dow AgroSciences het ook telkemale bewys dat hulle ernstig is oor die voortbestaan van landbou, verstaan hoe om sake te doen en boere terselfdertyd bevoordeel.

Hulle het tydens die begin van die jaar se herfskommandowurmuitbreking saam met owerhede gewerk om die nodige goedkeuring te kry om ’n middel teen die spesifieke pes aan boere beskikbaar te stel. Uphold™ 360 C het die lig gesien en kan ook ’n klomp ander peste in die Lepidopteragroep beheer.

Hedendaagse insekdoders skiet dikwels tekort om vinnige, hardnekkige asook langdurige beheer van die mees algemene en vernietigende gewaspeste te bied. Uphold™ is aanmekaargesit met twee aktiewe bestanddele, metoksiefenosied en spinetoram. Hierdie twee pryswenners is altwee deur Dow AgroSciences ontwikkel. Spinetoram werk blitsig om sy teiken dadelik uit te klop terwyl metoksiefenosied ’n langdurige uitwerking het om vir ’n boer langer beheer oor peste te gee.

Die twee aktiewe bestanddele is versigtig geformuleer en allesomvattend. Boonop is dit maklik en gerieflik om te gebruik. Altwee het “US Presidential Green Chemistry Challenge”-toekennings ontvang en werk hand aan hand om ’n onmisbare insekdoder te wees in ’n boer se IRM (insekweerstandbestuursprogram). Die belangrikste voordele van Uphold™ lê in sy vinnige aksie en gereed-vir-gebruik-samestelling wat geen bykomende vermenging benodig nie. Boere kan binne 3 tot 24 uur resultate verwag en daarna die gerusstelling van blywende beskerming ervaar. Afhangend van die insekspesie wat geteiken word, waarborg Uphold™ se langdurige werking beheer van 10 tot 21 dae.

uphold

Dow AgroSciences se Uphold™ 360 SC bied ’n vinnige en gefokuste oplossing teen ’n wye reeks peste en plae.

Uphold™ maak korte mette van insekte deur kontak en inname. Sodoende maak dit voorsiening vir ’n breër teikenplaagreeks, veral die plae wat bekend is dat hulle weerstandbiedend is teen bestaande insekdodermetodes. Boere kan ook verseker wees dat Uphold™ alle plaagfases beïnvloed. Reën belemmer ook nie Uphold™ se doeltreffendheid nie, aangesien die produk ’n reënvastheid van twee uur bied. Dit is ’n gefokusde middel en is so ontwikkel dat dit ’n minimale invloed op die natuur se voordelige insekte soos bye en parasitoïede het.

Uphold™ is eenvoudig om te gebruik. Dit los maklik op in water en kan as blaarbespuiting toegedien word met grondbespuitingstoerusting wat geskik is vir konvensionele insekdodertoediening. Dow AgroSciences se Uphold™ 360 SC knikker ’n verskeidenheid van vernietigende Lepidoptera-plae uit. Raadpleeg gerus die etiket vir die nuutste registrasies.

Skakel jou naaste tak; 012-361-8112 in Pretoria of 021-860-3620 in die Paarl of besoek hulle webwerf by www.dowagro.com. Besoek ook hulle sosialemediaplatforms by Facebook.com/DowAgroSciencesZA, twitter.com/DowAgroZA en instagram.com/DowAgroSciencesZA.

uphold

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0