Dormer Nasionale Veiling

dormer 1
Die Dormer Skaaptelersgenootskap van Suid-Afrika het vanjaar hulle 50ste nasionale veiling gehou die 2de September 2022 te Be Human Veilings komleks net buite Bloemfontein. Tydens die veiling was daar uitstekende pryse behaal en rekords gebreek.
Duurste ooi lot 34 van Remkuil Dormers verkoop vir ‘n nuwe SA Rekordprys van R80 000, nog ‘n ooi van Droërivier Dormers van nuwe eienaars Steyn en Abraham oortref ook vorige rekordprys met ‘n prys van R70 000. Die gemiddeld was op 100% verkope op ooie van R17 800, dis vir dragtig en oop.
Nog ‘n moontlike rekordprys kan wees vir ‘n jong oop Ooilam Ooitjie van FC Cloete wat verkoop het vir R50 000. Die duurste ram van Nova Barletta verkoop vir R260 000, hulle verkoop nog ‘n ram vir R120 000 met gemiddeld op ramme van R27 000. Vandag was ‘n goeie dag vir Dormer SA.



Die veiling was aangebied deur Vleissentraal en die afslaer was Ian Grobler.