Dom Boer se lag vir die dag:

agrilag_1
Smaakvolle geskenke
Dit is die laaste skooldag van die jaar en die kindertjies bring vir Juffrou geskenkies van die huis af.
Die bloemiste se dogtertjie bring vir Juffrou ‘n groot bos blomme.
Die kruidenier se dogtertjie bring vir Juffrou ‘n groot doos sjokolade.
Die slagter se dogtertjie bring vir Juffrou ‘n pak biltong.
Die drankwinkeleienaar se seuntjie sit ‘n groterige doos op Juffrou se tafel neer. Sy sien dat dit effens lek, druk haar vinger op die druppeltjie en proe.
Juffrou: “Is dit wyn?”
Seuntjie: “Nee.”
Juffrou (proe weer): “Sjampanje?”
Seuntjie: “Nee.”
Juffrou (proe weer): “Likeur?”
Seuntjie: “Nee.”
Juffrou (proe weer): “Whisky?”
Seuntjie: “Nee.”
Juffrou: “Nee, ek gee op. Wat is dit?”
Seuntjie: “’n Hondjie.”