Dom Boer se lag vir die dag:

funny-farm-animal-pictures-funnyfarmanimalswallpapers5
Soos elkeen dit sien…
Van kleins af wou Nokas Ghriesel niks anders as ‘n motorwerktuigkundige word nie. Nog voordat hy ordentlik kon loop, het hy met motorkarre, trekkers en enjins begin spook… en nogal sukses bereik.
Toe hy so veertien is, steek sy pa se trekker vas en niemand kry hom weer aan die gang nie. Die skoolvakansie breek aan en Nokas kom van die koshuis af plaas toe. Sy gesig straal toe hy van die flentertrekker hoor en hy kan nie wag om met sy moersleutels op die masjien los te trek nie.
Dieselfde middag kom hy – ghriesbesmeer van kop tot tone, maar met ‘n breë glimlag – aankondig dat die trekker nou perfek werk.
Sy pa: “Ek is so trots op hierdie seun. Hy gaan nog ‘n groot merk op hierdie dorp maak.”
Sy ma (sugtend kykend na die besmeerde klere): “Ja… En hoe ek daardie merk uitgewas gaan kry, sal niemand weet nie.”