Doeltreffende heinings wat hou: BONNOX verskaf net wat jy nodig het, blitsvinnig

bonnox 1
Met BONNOX druk jy ’n drie tussen die pale! Die naam BONNOX is sinoniem met top gehalte, volversinkte heinings wat reeds sedert 1962 vertroue en respek inboesem.
Elke boer is reeds bewus van BONNOX se puik produkte: Die Money Saver-, Close Mesh-, Kombi Fence-, Square Mesh-, Multi Fence- en Flexi Fence-reekse is noukeurig ontwerp om in elke moontlike behoefte te voorsien. Maar wat ’n vervaardiger van die res onderskei, is sy vermoë om nuw neigings en behoeftes in die mark betyds raak te sien.
In die lig van die swak ekonomie en resessie wat SA tans beleef, stel BONNOX met trots hulle nuwe puik gehalte Ekonomiese reeks bekend. Die ligversinkte reeks bestaan uit nege verskillende ontwerpe wat met deeglike beplanning en jarelange kennis ontwerp is. Nou kan ’n boer “appels met appels” vergelyk wanneer die BONNOX heining met dié van ’n mededinger vergelyk word.
“Daar is baie ligversinkte draad op die mark, maar baie van ons kliënte soek dit onder die BONNOX-handelsmerk, sê Anita Gent, direkteur van BONNOX.
“Ons het dus besluit om ook ’n ekonomiese weergawe van die nege gewildste van ons sewentig produkte te vervaardig. Dit sluit die Money Saver-, Close Mesh- en Kombi Mesh-reekse in hoogtes van1,2; 1,8 en 2,4 meter in. Dit bied die boer ’n goedkoper opsie om sy kleinvee, grootvee en grootwild veilig te omhein.
In gebiede waar die elemente nie so ’n groot uitwerking op draadheining het nie, sal hierdie goedkoper BONNOX reeks steeds jare lank hou, maar volversinkte BONNOX word steeds aanbeveel vir streke waar die elemente hoër eise aan heinings stel.
Omdat die Elite en Ekonomiese reekse presies dieselfde lyk, is die etikette op die bestaande reeks groen en op die Ekonomiese reeks koningsblou. Alhoewel die prys van die Ekonomiese reeks 25% laer is, word dit steeds met dieselfde BONNOX-noukeurigheid, hoë gehalte draad en sorg vervaardig.
Regstreeks van die fabriek na die boer
Die egte BONNOX-produk (jare nagevors deur ingeneurs en metallurge) kan direk van die BONNOX-fabriek in Sunderland Ridge, suid van Pretoria, bestel word. Dit vereenvoudig die logistiek, sny kostes uit en verminder wagtyd.
Dit beteken ook dat die boer die beste advies en ondersteuning direk van die vervaardiger ontvang. Indien jy onseker is of jy ’n ware BONNOX produk aankoop, kontak ons gerus.
Voorraad geredelik beskikbaar – minimale wagtyd op bestellings.
Bonnox spesiale produksie:
- 25% korting op alle BONNOXprodukte,
- Gratis rol vir elke tien rolle aangekoop (per transaksie),
- Mededingende pryse op oprigtingsgereedskap.
Praat regstreeks met BONNOX om jou heiningbehoeftes te bespreek. Kontaknommers: 076-169- 9068 of 012-666-8717. E-posadresse: zane@bonnox.co.za, gerda@bonnox.co.za of linda@bonnox.co.za of besoek Bonnox se webwerf by www.bonnox.co.za.

