Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 28th October 2021

Dís hoekom OUTsurance besluit het om die landboubedryf te betree

By 3 min read
519 words

outsurance

“Ons besef dat boere ‘n uiters belangrike rol speel in die land se ekonomie,” sê Louan van Rooyen, hoofaktuaris van  Business OUTsurance.

“Ons sien onsself as ‘n sleutelvennoot met die nodige kennis en ervaring om boere daadwerklik te kan help met ‘n bekostigbare en pasgemaakte versekeringsoplossing vir hulle unieke behoeftes.”

Van Rooyen sê dat OUTsurance histories bekend is as ‘n korttermynversekeraar wat die Suid-Afrikaanse publiek bedien deur middel van ‘n inbelsenturm.  Wat egter nie so algemeen bekend is nie, is dat OUTsurance ook ‘n span Business OUTsurance-makelaars het wat besighede en dus ook boerderye, regoor Suid-Afrika bedien.

OUTsurance het ook onlangs hul produkaanbieding vir die landboubedryf uitgebrei deur nie net vaste bates te verseker nie, maar ook voorsiening te maak vir vee en wild, sowel as wanneer hierdie diere vervoer word. Eienaars van jagplase kan ook pasgemaakte dekking bekom wat versekering vir persoonlike ongevalle en regsaanspreeklikheidseise in geval van nalatigheid, insluit.

“Juis omdat elke boerdery só uniek is, het ons besef dat dit eintlik beter is om ‘n toegewyde persoon te stuur na die plaas om die boer persoonlik te ontmoet. Iemand wat die bedryf soos die palm van sy hand ken en wat sal seker maak dat jy presies die regte, omvattende versekering in plek het om jou besigheid te beskerm. Ons het verder gevind dat daar min dinge in die lewe is wat kan kersvashou met ‘n persoonlike, een-tot-een verhouding, veral as dit kom by jou besigheid.”

“In hierdie onsekere tye voel ons dat landbouversekering al hoe belangriker gaan word om boere te help om hulle bates te beskerm en hulle plase uit te brei. Alhoewel ons deel in die kommer rondom die groot uitdagings wat Suid-Afrikaanse boere in die gesig staar, spoor dit ons ook aan om ‘n beduidende verskil in die bedryf te maak. Ons wil graag hande vat met ons land se boere om saam aan die ander kant uit te kom.”

Hoe verskil ‘n Business OUTsurance makelaar van ‘n “tradisionele” makelaar?

‘n Business OUTsurance-Makelaar verrig baie dieselfde funksie as ‘n “tradisionele” makelaar in die sin dat hulle jou plaas persoonlik sal besoek en na al jou versekeringsbehoeftes sal omsien, van begin tot einde. Dit sluit alles in van kwotasies aanvra, wysigings aan jou bestaande dekking, en bystand gedurende die eiseproses.

Anders as gewone makelaars is OUTsurance-makelaars werknemers van OUTsurance en verkoop hulle slegs OUTsurance-produkte. “Wat hierdie voordelig maak is die feit dat ons makelaars die OUTsurance-produk eet, slaap en praat”, sê Van Rooyen. “Kommersiële versekering kan soms gekompliseerd raak en die probleem is dat hoe meer produkte jy moet baasraak, hoe makliker kan jy ‘n fout begaan – ons is almal tog maar net mense.“

“Jou Business OUTsurance-makelaar is daar om jou te help. Hulle is jou direkte kontakpunt met OUTsurance en hulle staan reg om jou te help, sodat jy altyd iemand het op wie jy kan staatmaak, enige tyd van die dag of nag.”

Klik hier vir meer inligting oor landbouversekering by OUTsurance of om ‘n afspraak te reël met jou eie toegewyde Business OUTsurance-makelaar.

OUTsurance is ‘n gelisensieerde versekeraar en FDV. B’s en V’s geld.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0