Categories: NuusPublished On: 7th June 2023

Digitale transformasie is dringend nodig om voedselvoorsieningstelsels te transformeer

By 4 min read
872 words

Grain-harvest_Unsplash-1536×1152

Globale voedselstelsels is vandag onvolhoubaar vir beide mens en planeet. Behalwe dat dit teen ‘n hoë omgewingskoste funksioneer, word een derde van die opbrengs vermors, wat onvoldoende voeding vir miljarde mense en onvoldoende vergoeding vir produsente tot gevolg het. Om ons groeiende bevolking met al hoe minder hulpbronne te voed vereis voedselstelsels wat inklusief, volhoubaar, doeltreffend, voedsaam en gesond is.

Om dié soort transformasie te bewerkstellig, verg ‘n holistiese benadering, insluitend ‘n progressiewe beleid, meer investering, beter infrastruktuur, opbouing van boerekapasiteit, verbruikersgedragsverandering en uitstekende hulpbronbestuur. Tegnologiese innovering kan egter, en speel reeds, ‘n belangrike rol om die transformasie van ons voedselstelsels moontlik te maak en te versnel.

Die Wêreld Ekonomiese Forum, in samewerking met McKinsey & Company, het geïdentifiseer wat hulle die ‘Transformative 12’ noem: opkomende tegnologiesie innoverings met die potensiaal om vinnige vordering in ons voedselstelsels te dryf om die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte te bereik. Hierdie belangrike innoverings val in drie breë kategorieë: die skep van effektiewe produksiestelsels; die bevordering van waardekettingskakels; en die verandering van aanvraag.

In Mei vanjaar het Nedbank ‘n paneelbespreking op die Nasie in Gesprek-verhoog by Nampo Oesdag in die Vrystaat aangebied om die ongelooflike potensiaal van Suid-Afrikaanse tegonologiese innovering onder die loep te neem. Tegnologiese innovering speel ‘n belangrike rol, veral om die middelkategorie van die Transformative 12 – waardekettingskakels – te bereik. Tegnologievooruitgang in dié kategorie sluit in blokketting-geaktiveerde naspeurbaarheid, die gebruik van die Internet van Dinge om intydse voorsieningskettingdeursigtigheid en -naspeurbaarheid te bereik, tesame met groot data en verbeterde ontledingsanalise, asook mobiele dienslewering.

Gespreksfasiliteerder Herman de Kock, Uitvoerende Hoof van Verkope en Diensbeplanning by Nedbank Kommersiële Banksake, sê dat hierdie kategorie van tegnologie die potensiaal het om produksie met tot 150 miljoen ton te verhoog, voedselverlies met tot 65 miljoen ton te verminder, tot VS$270 miljard se inkomste vir boere te genereer en koolstofvrystellings en die gebruik van natuurlike hulpbronne regoor die wêreld aansienlik te verminder.

Paneellid Jaco Maass, Hoof- Uitvoerende Beampte van SDX Africa, sê dat tegnologie wat naspeurbaarheid in die waardeketting ondersteun, die potensiaal het om baie van die groot uitdagings van die voedselvoorsieningsketting aan te spreek. ‘Naspeurbaarheid word al hoe belangriker vir vandag se verbruikers. Verbruikers soek veilige, volhoubare, eties verboude voedsel, en dit is veral relevant in Afrika, wat wêreldwyd die grootste las van voedselgedraagde siektes het. Naspeurbaarheid verminder ook bedrog, verbeter voedselveiligheid, verhoog die doeltreffendheid van voorsieningskettings en verminder voedselvermorsing.’

SDX Africa se AgriTrust blokkettinggedrewe Web3-ekosisteem bemagtig elke deelnemer in die waardeketting om hulle eie data te beheer en te bestuur, wat privaatheid en sekuriteit verseker. Deur boodskapkanale op die blokketting te benut, kan deelnemers inligting maklik met mekaar deel, wat bydra tot ‘n meer doeltreffende en deursigtige voorsieningsketting, wat op sy beurt die naspeurbaarheid en aanspreeklikheid van die voedselketting verbeter, terwyl billike en etiese praktyke terselfdertyd bevorder word.

Hoof- Uitvoerende Beampte van neXgro SA, Madelize Delport, stem saam dat die voedselvoorsieningsketting ‘n dramatiese omvorming nodig het. ‘Die huidige voedselvoorsieningsketting is ‘n lineêre proses met die boer en verbruiker aan weerskante, wat min tot geen beheer oor die stelsel het nie. Die struktuur spreek nie die behoefte na ‘n volhoubare, verbruiker-gefokusde voedselvoorsieningsketting aan nie, en boere trotseer ‘n hoërisiko-produksie-omgewing en voorsieningsketting, wat hulle teen kleinhandelpryse vir groothandelopbrengste moet finansier. Die enigste manier om die huidige wanbalans aan te spreek en ‘n wedersyds voordelige produksiewaarde-ekostelsel te skep, is om digitale tegnologie in te span om die vryemarkstelsel aan te gryp.’

‘En dit is juis wat landboutegnologiemaatskappy neXgro die mark bied met sy innovering in deursigtige opspoor-en-naspeur-data. Of produsente nou hulle produk moet opspoor, naspeur, stoor, vervoer of verhandel, ons gee hulle volle beheer. Ons virtuele platform bemagtig produsente om beter pryse vir graan- en ander landboukommoditeite te vra, en om direk met vertroude rolspelers in die waarde-ekosisteem handel te dryf.’

Nedbank se eie Avo B2B-oplossing blyk ook waardevol vir die landbouwaardeketting te wees. Olebogeng Mogale, Uitvoerende Hoof van Digitale Transformasie by Nedbank, sê groot voordele van die Avo B2B-handelsplatform is die ontsluiting van nuwe markte en die voorsiening van wentelkrediet, wat toegang tot bedryfskapitaal moontlik maak. ‘Ons koste-effektiewe platform verwyder die finansiële risiko vir die verskaffer deur vinniger betalingsiklusse te bied, gekombineer met 120-dae krediet om likiditeit te ontsluit.’

Dié tegnologie bied rolspelers in die waardeketting ook ruimte om saam te werk en nuwe markte te betree deur data en intellektuele eiendom te deel, terwyl finansierders en beleggers die data ontvang wat hulle nodig het om die risiko te verminder van beleggings – beleggings wat op hul beurt belanghebbendes regdeur die waardeketting bemagtig.

Hier is Suid-Afrika se landboutegnologiemaatskappye weer leiers op die gebied. SDX Africa se digitale merkstelsel vir vee spoor lewe en gewig na, wat ‘n verifieerbare monitor vir die bank se belegging in die vee bied, terwyl dit bykomende gesondheidsinligting aan die boer voorsien. neXgro bied ‘n soortgelyke verifiëringstelsel in die graansektor, wat data vanaf die weegbrûe by gedesentraliseerde graansilo’s of graansilo’s op die plaas direk na neXgro stuur om onafhanklike verifiëring van die hoeveelheid en kwaliteit van die graan te verskaf. ‘Omdat daar onafhanklike ouditdata vir verifiëringsdoeleindes is, kan boere dan hul produk op neXdeal, met pryse wat aan die Safex-indeks gekoppel is, verhandel en dit finansier,’ sê Delport.

Bron: Nedbank

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0