Categories: Artikels, VeilingsPublished On: 12th July 2024

Diere en rasse te kies en (goed)gekeur by komende Kuruman bul- en ramveiling

By 2 min read
328 words

Flyer

As jy opsoek is na vrugbare, sterk en aangepaste diere van verskillende rasse, is die Kuruman bul- en ramveiling net die een vir jou. Hierdie veiling bied diere te kies en te keur vir die boer.

Die stoettelers wat diere op hierdie veiling aanbied, poog om van die beste vrugbare  veldaangepaste diere aan hulle kliënte en mede telers beskikbaar te stel. Dit bied aan produsente die geleentheid om ook genetiese vordering in hul kuddes te hê.

’n Veiling met soveel rasse het ’n groot voordeel, want daar word genetika van verskillende rasse groot- en kleinvee op een dag, op een plek aangebied. Boere kan dus grootvee en kleinvee koop en sodoende koste bespaar en dit maklik-maklik afhandel.

Hierdie is die beleid waarby die telers van die veiling staan: Stoettelers het ’n groot verantwoordelikheid om te sorg dat hulle elke jaar beter genetiese teelmateriaal aan die veebedryf beskikbaar te stel, sodat die veeboer sy kilogram vleis per hektaar wat hy produseer verhoog om meer geld vir sy kalf of lam te kry. Dit verbeter die boer se ekonomiese vermoë om op die langtermyn beter te oorleef met die geweldige stygende kostes.

Veeboere kan hierdie veiling bywoon om in die Kalahari top genetiese materiaal van verskeie rasse te koop.

Op aanbod

Tussen die groot verskeidenheid diere wat op aanbod is op hierdie veiling, is daar beslis iets vir almal. Die rasse wat aangebied word is Dorper, Witdorper, Van Rooy, Boerbok, Simmentaler, Sussex, Bonsmara, Beefmaster, Droughtmaster, Herefords, Angus, Santa en Brahman.

Daar is:

  • 60 ramme
  • 10 ooie
  • 60 bulle
  • 100 kommersiële vroulike diere

Die logistieke reëlings

Maak seker jou kalender het ’n groot, rooi sirkel gemerk om 2 Augustus 2024, wanneer die veiling plaasvind. Die dag skop af om 10:00.

Die veiling vind plaas by NKLH Veilingskompleks in Kuruman.

Vir meer besonderhede

Indien jy enige navrae het, kontak gerus een van die volgende persone:

BD Vermeulen by (+27)81-537-1861

Jaco Petersen by (+27)82-411-3406

Willem van Aardt by (+27)72-542-3657

Chris Hendriks by (+27)83-449-0852

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0