Categories: News, Vee en WildPublished On: 12th September 2022

Die veiling vir Summer sale was ‘n finominale sukses

By 2 min read
323 words

Summer sale_NLS_Aug2022_v2

Summer sale se Dormerific Dormers, Santarific Santas en Sombrero Santas het Donderdag die 8ste September hulle 3de Produksieveiling op die plaas Be Human, geleë net buite Bloemfontein, in die Vrystaat gehou.

“Ek wil net vir Timmy van Dormerific Dormers baie geluk wens met ‘n uitsonderlike veiling. Ons was bevoorreg om die duurste ram te koop, Checkmate, wat absoluut ‘n besonderse en skaars teling is. Hierdie ram sal beslis die Dik Piet en Dik Daan genetiese lyn in ons kudde bring met al sy genetiese voordele,” verduidelik Danie Thomas van Kairos Dormer stoet.

Die gemiddelde prys op die stoetramme wat aangebied is, was R20 534,00. Die gemiddels op kudderamme was R10 000,00. Die gemiddelde prys op die stoetooie was R12 688,00. Die gemiddelde prys op kommersiële ooie (oop en dragtig) was R4 162,00.

Checkmate, die duurste ram is hier saam met Steven Mathews (Afslaer van Karoo-Ochse), Danie Thomas (koper) en Timmy Robertson (Dormerific Dormers).

“Ons is baie tevrede. Ons was onder baie moeilike omstandighede waar ons nie die beeste lewendig kon aanbied nie, ten spyte hiervan het die veiling steeds goed afgeloop. Ons bedank vir SwiftVEE met hulle aanlyn platvorm wat dit moontlik gemaak het om steeds die beeste op veiling aanlyn aan te bied,” vertel Steven Mathews, Afslaer van Karoo-Ochse.

Die gemiddelde prys op die 18 stoetbulle wat aangebied is, was R82 111.11, die gemiddelde prys op die 2 stoetkoeie- en kalwers was R77 500, en die gemiddeld op 7 dragtige stoetverse was R29 428.57.

Van links, Desmond Robertson (Santarific Santas), Steven Mathews (afslaer – Karoo Ochse), Jan Botma (Sombrero Santa Gertrudis stoet), Timmy Robertson (Dormerific Dormers) en Tiny Smith (ProagriMedia).

Kontakbesonderhede: Timmy Robertson, 079-493-0115, robertson12timmy@gmail.com

FACEBOOK:

Santarific Santa Gertrudis

Dormerific Dormers

Summer Sale 2022

INSTAGRAM:

@santarific_santa_gertrudis

@dormerific_dormers

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0