Die tapyt was uitgerol vir Go West-groep se 12de Tuli veiling

lot 2
Duurste stoetbul, Lot 2, van Donkerhoek Boerdery Trust is verkoop aan Christo Rothman van Bushmans Mountain Tuli stoet vir R110 000.
Die tapyt was Vrydag die 20ste Oktober 2023 uitgerol vir die 12de Go West Tuli veiling, aangebied te Kimberley veemark. Goeie pryse en gemiddelde is op die dag behaal. Die veiling was aangebied deur Vleissentraal Noord-Kaap en ook aanlyn deur SwiftVee.
Die Go West Tuli-groep volhard in hulle missie om jaar-na-jaar topgehalte, taai Tuli’s op veiling aan te bied wat enige Tuli-boer en teler se stoet vorentoe sal vat. Hiermee die volledige uitslae van die veling:
Bulle:
- 20 Tulistoetbulle is verkoop vir ’n gemiddelde prys van R47 750,00 en die duurste bul, Lot 2, is vir R110 000,00 verkoop.
Kommersiële bulle:
- 2 Kommersiële Tuli bulle is verkoop vir ’n gemiddelde prys van R28 500,00 en die duurste kommersiële bul, Lot 67, is vir R32 000,00 verkoop.
Vroulike diere:
- 1 Geregistreerde stoetkoei en kalf, Lot 63, is verkoop vir R20 000,00.
- 4 Geregistreerde dragtige stoetkoeie is verkoop vir ’n gemiddelde prys van R17 750,00 en die duurste dragtige koei, Lot 61, is vir R25 000,00 verkoop.
- 10 Geregistreerde dragtige stoetverse is verkoop vir ’n gemiddelde prys van R22 700,00 en die duurste verse, Lot 26, Lot 33, Lot 34 en Lot 35, is vir R25 000,00 verkoop.
- 26 Geregistreerde oop stoetverse is verkoop vir ’n gemiddelde prys van R16 269,23 en die duurste oop verse, Lot 38, is vir R25 000,00 verkoop.

Duurste stoetkoei en kalf van S.A. Roos is verkoop vir R20 000,00.

Duurste dragtige koei van S.A. Roos is verkoop vir R25 000,00

Duurste oop vers van R.T Clark is verkoop vir R25 000,00.
Kommersiële vroulike diere:
- 4 Kommersiële koeie en kalwers is verkoop vir ’n gemiddelde prys van R18 250,00 en die duurste koei en kalf is vir R19 000,00 verkoop.
- 3 Kommersiële dragtige koeie is verkoop vir ’n gemiddelde prys van R15 666,67 en die duurste koei is vir R16 000,00 verkoop.
- 15 Kommersiële dragtige verse is verkoop vir ’n gemiddelde prys van R17 933,33 en die duurste dragtige vers is vir R20 000,00 verkoop.
- 23 Kommersiële oop verse is verkoop vir ’n gemiddelde prys van R12 652,17 en die duurste oop vers is vir R14 750,00 verkoop.
ProAgri wens elkeen – verkopers, kopers, organiseerders en bywoners – hartlik geluk met julle skitterende veiling.
Vir al jou lewendehawe bemarkingsbehoeftes, kontak gerus vir:
Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com
Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com