Die Suid-Afrikaanse landboubedryf bly in ‘n resessie

droogteskade
Die eerste kwartaal se BBP- (Bruto Binnelandse Produk) -syfers wat deur Statistiek Suid-Afrika vrygestel is, is erger as die markverwagtinge.
Die kwartaal-tot-kwartaal-syfers toon ‘n inkrimping van -1,2% as gevolg van verswakte ekonomiese bedywighede in die mynbou-, elektrisiteit-, vervoer- en landbousektor.
Die landbousektor bly in ‘n resessie en dis gegrond op ‘n negatiewe kwartaalgroei van -6,5%. Agbiz se index het aangewys dat die bedryf onder druk is.
Figuur 1: Agbiz/IDC Agribusiness Confidence Index and GDP (Agriculture)
Bron: Statistiek Suid-Afrika, Agbiz Navorsing
Die Suid-Afrikaanse landboubedryf is sedert verlede jaar in ‘n resessie, die hoofoorsaak daarvan is die droogte. Die area wat geplant is met somergewasse het met 22% na 3,2 miljoen hektaar van 4,1 miljoen hektaar in 2015 verminder.
Die totale opbrengs van somergewasse gaan na verwagting met 27% teenoor verlede jaar tot 8,7 miljoen ton val.
Die landbougroei gaan in ‘n resessie bly in die tweede en derde kwartaal van 2016 as gevolg van die droogte. Daar is ook eksterne faktore wat die groei in die sektor beperk soos die verwagte styging in finansiële koste en lae beleggingsvlakke.
‘n Klein verbetering word darem in die vierde kwartaal verwag soos die weersomstandighede aanhou verbeter. Daar is ook ‘n aanduiding dat die El Nino nou in ‘n La Nina omgesit gaan word teen die einde van die jaar. Hierdie weersomstandigheid lei tot ‘n baie hoë reënval wat goed is vir waterbronne.
Bron: Agbiz-ekonome
