Die skouspelagtige sukses van Quardsen Beefmasters se 15de produksieveiling

Quardsen
Quardsen Beefmasters het vanjaar hulle 15de produksieveiling aangebied op 20 Julie 2023. Diè diere was met hand en hart gekeur, en die teler Riana de Beer kon nie haar trots verbloem op elke dier wat aangebied is nie. Die diere aangebied op die veiling was ‘n toonbeeld van Riana de Beer se passie, toewyding en liefde vir die ras en haar boerdery.
“Ek wil net baie dankie sê aan almal wat die Quardsen Beefmaster-veiling bygewoon het vir al julle ondersteuning, aan al die kopers en bieërs, baie dankie!” vertel Riana met trots en opgewondenheid.
“Piet Lindeque, ‘n boer van die omgewing is die trotse nuwe eienaar van die dag se duurste bul, L ot 8, en verdien ons hartlike gelukwensing.”
Vyf ander bulle het op die dag vir meer as R100 000 verkoop, en Riana is baie trots op die kwaliteit bulle wat sy aangebied het op die veiling.
Riana sluit die dag af met ‘n uitnodiging aan almal om haar volgende veiling by te woon wat in 2024 sal plaasvind.
Die gemiddelde en hoogste pryse van die dag
Bulle

- 31 Top Beefmasterstoetbulle is aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R87 000.00. Die duurste bul, Lot 8, word vir R130 000 verkoop aan Piet Lindeque.
Vroulike diere
- Dragtige stoetkoeie behaal ‘n gemiddeld van R 62 000.00.
Kliek hier om na die veilings hoogtepunte te kyk op ProagriMedia.
As jy jou veiling wil bemark kontak:
Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com
Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com

