Categories: Vee en WildPublished On: 11th May 2026

Die oorspronklike EasyWean® NeusRing®: ’n Speen-oplossing sonder bohaai

By 3 min read
645 words

KR May 2014 010

Die minister van landbou, John Steenhuisen, het in Januarie vanjaar ’n inperkingstrategie aangekondig om die vinnige verspreiding van bek-en-klouseer (BKS) oor die grootste deel van Suid-Afrika te bekamp.

Gevalle van BKS is in die meeste provinsies bevestig, met Noordwes, KwaZulu-Natal, Limpopo, Gauteng, die Vrystaat en Mpumalanga wat swaar getref is. Die krisis het gelei tot streng kwarantynmaatreëls op geaffekteerde en omliggende plase, die staking van veilings en ’n verbod op die beweging van vee uit besmette gebiede. Dit is ’n situasie wat produsente onder enorme finansiële druk plaas.

Die sukses van die minister se tienjaarplan om BKS die hoof te bied, sal egter van nakoming deur en die betrokkenheid van alle rolspelers afhang.

Deel van die oplossing

EasyWean® NeusRinge® stel produsente in staat om hul kalwers maklik te speen sonder om hulle van hul moeders te skei.

Dit bied ’n ideale oplossing te midde van die bewegingsbeperkings. Die kalwers loop steeds by hul moeders, en koeie kan hul kondisie vir die volgende kalfseisoen herstel.

Dit vergemaklik boonop kudde- en weidingsbestuur, aangesien produsente die aantal troppe op ’n plaas kan verminder, terwyl weidingsrus en -herstel gemaksimeer word. Dit is veral gedurende die BKS-krisis noodsaaklik, aangesien die verbod beteken dat sommige vee nie op veilings verkoop kan word nie.

EasyWean® NeusRinge® stel produsente in staat om by uitdagings soos die bewegingsbeperkings aan te pas of om in moeilike jare vroeg te speen. Die kalwers bly in die trop, en groei en ontwikkel sonder om druk op hul moeders te plaas.

Hoor van ’n paar tevrede kopers

Gerhard Swanepoel, Hurley Droughtmasters, Vryburg

“Ons familiebeesboerdery bestaan uit ’n intensiewe stoetboerdery in Suid-Afrika en ’n uitgebreide stoetplaas in Botswana vir speenkalwers. In albei gevalle gebruik ons NeusRinge® om die ossies en verskalwers langs hul moeders te speen. Die speenproses verloop seepglad met minimale spanning, minder gewigsverlies onder die kalwers en vinniger produksieherstel by die koeie. Ons het talle neusringe probeer en tot die gevolgtrekking gekom dat slegs die oorspronklike EasyWean® NeusRinge® herbruikbaar is.”

Daniel Thomas, Kairos Regenerative Farming, Kroonstad

“By Kairos Regenerative Farming doen ons alles met ’n eenvoudige doel: om gesonde diere op gras en met so min spanning as moontlik groot te maak. Wat speen betref het ons besef dat die konvensionele, spanningsbelaaide benadering nie by ons regeneratiewe stelsel of waardes pas nie.

“Ons het EasyWean® NeusRinge® ingespan om ’n rustiger oorgang vir beide koei en kalf te bewerkstellig. Pleks van ’n skielike skeiding, kan ons kalwers nou by hul moeders bly terwyl hulle op ’n natuurlike wyse gespeen word. Die verskil was dadelik sigbaar: Ons kalwers was rustig en was nie gespanne soos tydens ons vorige speenpogings nie. Omdat hulle rustiger is, verloor hulle nie soveel gewig tydens speen nie en bly boonop gesond. Ons het baie minder siek kalwers, wat minder medikasie en laer insetkoste beteken – ’n wen-wen situasie vir die diere én die plaas.

“EasyWean® is gepas vir ons onderneming, aangesien ons nie ons kalwers aan voerkrale verkoop nie. Die NeusRinge® help ons om te speen op ’n manier wat ons regeneratiewe beginsels ondersteun: sonder bohaai, doeltreffend en natuurlik. EasyWean® NeusRinge® is nie bloot ’n produk nie; dit is ’n hulpmiddel wat ons in staat stel om doelgerig te boer en die diere wat ons besigheid onderhou, met sorg te hanteer.”

Spesiale aanbod

EasyWean® bied ’n spesiale afslag op die oorspronklike oranje EasyWean® NeusRinge® om produsente te midde van die BKS-krisis te ondersteun.

Dié eksklusiewe aanbod is tot einde Augustus 2026 beskikbaar. Vra vir EasyWean® NeusRinge® (versprei deur Swavet) by jou plaaslike koöperasie of veeartsenywinkel. Onthou, dit is net ’n NeusRing® as die verpakking so sê.

Moenie net ons woord daarvoor neem nie, gesels met Gerhard (082 579 1082) of Daniel (082 687 3656) wat al vir jare op EasyWean® NeusRinge® staat maak om hul kalwers te speen. Vir meer inligting, skakel 082 459 9451, stuur ’n e-pos aan Judy Vercueil by judy@wholeconcepts.co.za, of besoek www.nosering.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0