Categories: Gewasproduksie, MeganisasiePublished On: 23rd May 2024

Die Mokken-familieplaas reken op Monosem vir sukses

By 4 min read
707 words

20231207_135710a

‘n Goeie oes begin by noukeurige plantwerk. Op die Mokkens se familieplaas, Lijani, staan die blou, wit en rooi van hulle Monosem-planters al jare lank pragtig uit teen hulle groen lande. Jan Mokken het by sy pa geleer van die akuuraatheid van Monosem en die kennis oorgedra aan sy seuns, Heinrich en Jan Junior.

Jan Mokken het in 1989 by sy pa aangesluit op hulle plaas by Tarlton, naby Magaliesburg. Sy oudste seun, Heinrich, het in 2019 saam met hom kom boer nadat hy sy graad in Meganiese Ingenieurswese behaal het en die jongste seun, Jan Junior, het ook onlangs deel van hierdie gedugte span geword.

Heinrich Mokken en sy pa Jan van Lijani-boerdery.

Aanvanklik het die Mokken-familie hoofsaaklik graan en groente verbou, maar oor die jare het hulle meer op graan begin fokus en deesdae is dit hulle hoofgewas.

Jan kan onthou dat sy pa in die tagtigs hulle eerste Monosem-planter gekoop het. In 1992 het hy vir homself sy eerste sesry Monosem-sleepmodel gekoop. Van daar af het hy nooit weer teruggekyk nie en in 2016 het hy nog ‘n agtry sleepmodel aangeskaf.

“Toe my pa daardie jare die Monosem gekoop het, was dit die enigste presisieplanter teenoor die ander planters wat in die mark beskikbaar was. Hy was die eerste boer wat ‘n Monosem in ons area gehad het, en almal wou uit nuuskierigheid kom kyk het, hoe plant hierdie planter, Monosem se akuraatheid was in daai jare ongeken,” vertel Jan.

Nadat Heinrich saam met sy pa begin boer het, het hy hom oortuig om ook die twaalf-ry Monosem Wing-Max-planter aan te skaf.

Die opbrengs verhoging wat die planter teenoor al die ander fabrikate bied, meen dat hy basies homself afbetaal.

Eers was sy pa huiwerig om nog so groot werktuig by te voeg, maar binne een jaar het die planter homself betaal deur die verhoogde opbrengs wat die addisionele Wing-Max aan tydbesparing gelewer het.

“Ek het my finalejaarprojek oor ‘n Monosem-planter gedoen, en baie navorsing oor planters gedoen. Volgens die data wat ek versamel het, het die Monosem net vir my kop-en-skouers bo die res uitgestaan,” verduidelik Heinrich.

Hy het spesifiek gesoek vir ‘n presisieplanter vir wanneer dit by akkurate saad- en kunsmisplasing kom. Vir hom was dit ‘n pluspunt dat die groot Monosem planters ook meganies beskikbaar is. Indien iets aan die planter sou breek, kon hulle hom net daar in die land regmaak sonder om te wag vir tegnikuste wat die elektronika kom uitsorteer waardeur hulle waardevolle planttyd sou verloor nie.

Volgens Heinrich is die Wing-Max se kunsmisplasing uitstekend – verlede jaar was die Wing-Max na sowat 800 hektaar maar net 4% uit met sy akkuraatheid.

Die Mokken-boere het ‘n twaalfry-planter nodig gehad en as gevolg van die uitleg van hulle boerdery het hulle ‘n planter nodig gehad wat hulle vinnig van een plaas na die ander kon verskuif. Wat die Wing-Max so voordelig gemaak het, was dat hy klein en kompak opvou en gemaklik verskuif kan word.

Die Wing-Max draai baie skerp en maak dit moontlik om slegs om te draai en reg langs die ry wat jy geplant het verder te plant.

Hulle het egter nie verwag dat die Wing-Max so skerp kan draai nie, en Heindrich vertel dat jy reg langs die ry wat jy pas geplant het kan draai en verder plant.

Die planter benodig maar ‘n 160 kW-trekker om hom te sleep, maar Jan glo hoe beter jou hidroulika is, hoe gladder loop jou planter.

‘n Maklike, vinnige en akkurate planter is klaar ‘n aanwins, maar die pa-en-seunspan vertel dat die diens wat hulle van Carrotech en Monosem af kry verseker dat hulle weer en weer by hulle sal koop.

Die Wing-Max se planterkarretjies sit voor die kunsmisbak.

Hulle meen die Monosem is ‘n stewige planter vir Suid-Afrikaanse omstandighede; dit is nie ‘n ingewikkelde werktuig wat probleme gee nie en hy is maklik om te hanteer.

“Vir my is dit die gehalte wat jy kry vir die geld wat jy betaal wat uitstaan,” sê Heinrich.

“Hulle naverkoopdiens is vir my uitstekend. Monosem is ‘n baie goeie planter en ons sal dit beslis aanbeveel vir ander boere en vriende,” voeg Jan by.

Indien jy wil sien hoe Monosem jou plantwerk kan vergemaklik en jou oeste kan vergroot, besoek hulle webtuiste by www.monosem.co.za.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0