Die droogte dwing SA om Amerikaanse mielies in te voer

droogte mielies
Vir die eerste keer sedert 2004 het Suid-Afrika witmielies ingevoer vanaf die Verenigde State. SA het in April 1 330 ton witmielies vanaf Amerika ingevoer. In die bemarkingsjaar wat 30 April 2016 geeindig het, het Suid-Afrika alreeds oor die 70 000 ton witmielies van Mexiko en Zambië ingevoer, volgens die Suid-Afrikaanse Graan Inligtingdiens (SAGIS) se data.
Witmielies is die stapelvoedselbron vir mense in Suid-Afrika, waar geelmielies gebruik word om diere te voed.
Suid-Afrika was nog altyd ‘n netto uitvoerder van landbouprodukte, maar het die afgelope jaar die minste reënval sedert 1904 gehad. Zambië en ander lande in die streek is ook deur die droogte geslaan en sal daarom nie genoeg witmielies kan uitvoer om aan SA se behoeftes te voorsien nie. Dit laat Mexiko en die Verenigde State as die hoofbron van graan.
Die prys van mielies in Amerika het sedert 2012, toe rekordpryse gehaal is, met die helfte gedaal as gevolg van ‘n ooraanbod. In Suid-Afrika het die koste van witmielies sedert die begin van verlede jaar verdubbel as gevolg van die droogte.
Bron: Bizcommunity