Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 11th November 2021

Die derde Ju-Bissch-Ru Charolaisbul- en Simbra-veiling ‘n reuse sukses

By 1 min read
153 words

duurste bul

Die derde Ju-Bissch-Ru Charolaisbul- & Simbra-veiling van Ruan Bisschoff wat gehou is op 09 Nov 2021 by Stella veilingskompleks was ‘n reuse sukses.  Dit is aangebied deur Noordkaap Lewendehawe Vryburg.

Die pryse wat op die veiling behaal is, is ‘n duidelike bewys van die gehalte van die diere wat aangebied was.

Die duurste bul, Lot 6, verkoop vir R95 000 aan Stephanie Stols, van Vryburg.

Die gemiddeld oor die bulle wat verkoop is was R62 461-54.

Goeie vroulike diere is ook aangebied en behaal ook goeie pryse.

‘n Gemiddeld van R27 500 is vir dragtige koeie en kalwers (3-in-1) behaal, koeie en kalwers verkoop vir ‘n gemiddeld van R27 202-70, en dragtige koeie is vir ‘n gemiddeld van R20 000-00 verkoop, dragtige verse se gemiddeld was R19 108-10 en oop verse behaal ‘n prys van R15 648-15 gemiddeld.

Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens Ruan Bisschoff en gasverkopers hartlik geluk met ‘n goeie veiling.  Theuns Visser was die afslaer.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0