Categories: NuusPublished On: 9th October 2024

Dagboek die datum van Saai Karoo Landboudag: 25-26 Oktober 2024

By 4 min read
743 words

1

Die Saai Karoo Landboudag wat vanjaar die derde keer op 25 tot 26 Oktober 2024 te Laingsburg aangebied word, het sy ontstaan gehad weens droogtehulp aan boere met die onlangse sewe jaar droogte in die Karoo. Saai, wat sterk ondersteuning bied aan die familieboer, het mildelike ondersteuning aan boere in die Karoo tydens die droogte gelewer en besluit om voort te gaan met ondersteuning alhoewel dit wonderlik na die droogte gereën het.

Die doel van die Landboudag is om boere te ondersteun met die jongste landboukennis, maar ook gemeenskappe in Laingsburg en omgewing te konnekteer veral op geestelike en sosiale gebied. Die Karoo bestaan hoofsaaklik uit boerdery aktiwiteit met dorpsgemeenskappe wat hulle ondersteun, maar is ver verwyderd van die groot stede en daarom wil ons die kennis en vermaak na die platteland bring.

Verlede jaar is die dag op ‘n nabye plaas aangebied maar die belangstelling het in so ‘n mate gegroei dat ons vanjaar dit op die dorp aanbied waar baie beter en meer infrastruktuur is asook om dit nou oor twee dae aan te bied. Die munisipalitei is ook deel van die projek, want hulle fasiliteite word gebruik.

Vanjaar het hulle weer top kundige sprekers: Dr Ivan Meyer, Minister van Landbou vir die Wes-Kaap open die verrigtinge, gevolg deur sprekers dr Theo de Jager, voorsitter van Saai, adv Gerrie Nel en Heindrich Wyngaard. Bekende kunstenaars en persoonlikhede tree op soos Pieter Smith, Willem Botha, Tino, Kobus Wiese, Schalk Burger, Burre Burger, Le Roux Burger en verskeie plaaslike talent.

Meer as 50 uitstallers in die landboubedryf kom hulle produkte uitstal met BKB en Klein Karoo Agri en Agrifors wat demonstrasies sal lewer. Ook plaaslike entrepeneurs hou uitstalling van hul produkte wat gewoonlik baie aandag trek. Kompetisies soos mej Landbou, wolbaal-dra kampioen en potjiekoskoning vorm deel van die program en die jeug word ook nou betrek met ‘n kulturele sportgeleentheid en leerlinge wat deur die minister toegespreek word asook verskeie naskoolse onderwysinrigtings wat bemarking kom doen. Lekker kuier en eet is aan die orde van die dag en ‘n biertent, wynproe en ‘n regte plattelandse kermis waaraan verskeie kerkorganisasies deelneem kan besoek word.

Uniek vanjaar is ‘n karbaret vertoning wat deur Lancia Crafford bekend as Karoo lady opgevoer word. Dit is ‘n lewendige vertoning rakende die gebeure destyds tydens die Laingsburg vloed.

Ook iets waarna uitgesien kan word is die kompetisie onder landbouskole oor die mees indrukwekkende projek/werktuig/patent wat deur leerlinge ontwerp is. Skole wat deelneem is Oakdale, Boland landbouskool en Augsburg. Die uitstalling word geborg deur Hollard.

Fisieke ontspanning word ook voorsien met ‘n pretloop geborg deur Twizza waar baie trekpryse gewen kan word. Een so ‘n prys is  koeldrank elke dag vir ‘n jaar.

Ook die kleinboere word betrek in die dag. Voor die begin van die lansboudag bied die Departement Landbou, Wes-Kaap ‘n bestuurskursus vir kleinboere aan sowel as MSD wat hulle toespreek en opleiding gee oor veesiektes. Verskeie organisasies gee pryse vir kleinboeraktiwiteite. Skaaphondvertoning maak deel uit van die program.

Die fees word met vrolikheid afgesluit as twee kulture se musiek saam uitgevoer word nl die Kaapland Boereorkes en die Zoar Rieldansers.

Omliggende dorpe soos Sutherland, Beaufort-Wes, Merweville, Prince Albert, Ladismith en Oudthoorn word ook betrek met die fees, maar enige persoon wat die geleentheid wil bywoon is welkom. Stedelinge kan ‘n lekker wegbreek maak en Karoo gasvryheid kom geniet.

Vir verdere navrae kontak Elne Nel by 081-796-8428 of Koupprodusente by 023-551-1083.

VOORLOPIGE PROGRAM

VRYDAG 25 OKTOBER

08:00           Hekke open

Uitstallers open

“Kobus se Gat” open (Kos stal)

09:00          Sprekers (Stephanus Greeff Saal)

  • Minister van Landbou
  • Dr Theo de Jager
  • Gerrie Nel
  • Heindrich Wyngaard

Potjiekos kompetisie begin

12:00           Blaasorkes van Laingsburg (Verhoog)

Minister gesprek met Gr11 Leerders (Ouditorium)

12:30           Middagete VIP’s (E Centre)

Biertent open met optrede deur Witbooi Johnny Kopskiet

Beoordeling potjiekos (Biertent)

14:00           Landbou demonstrasie deur BKB (Koup Stoor)

15:00           Landbou demonstrasie deur Klein Karoo Sade (Ouditorium)

16:00           Kabaret optrede: KarooLady met Lancia Crafford

(Stephanus Greeff Saal)

17:00           Wolbaal-dra kompetisie (Rugbyveld)

                     Kinder speelarea sluit

18:00           Sang optrede – Tino (Verhoog)

19:00          Mej. Landbou (Verhoog)

19:30           Sang optrede – Pieter Smith (Verhoog)

SATERDAG 27 OKTOBER 2024

06:30             Hekke Open

07:00             Pretloop (Toerisme kantoor)

09:00             Kerkbasaar (Stephanus Greeff saal)

11:00             Dames Kaas & Wyn met Willem Botha (Klein Kerksaal)

Boeresport (Rugbyveld)

11:30             Manne kuier met Kobus Wiese, Burre Burger en Le Roux Burger

(Biertent)

12:00         Vee Siektes kleinboere Byeenkoms met Departement Landbou

(Ouditorium)

13:00            Middagete

Kinder Speelarea sluit

13:45            Optrede – Kaapland Boereorkes en Rieldansers  (Verhoog)

15:00            Skaaphond vertoning (Rugby veld)

17:00            Biertent Sluit

Ekstras

22 & 23 Oktober         Kursus vir Kleinboere – Plaasbestuur

( E- Centre)

25 & 26 Oktober         Uitstalling Boere Patente – Skoolleerlinge

(JJ Ellis Saal)

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0