Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 18th December 2024

Daar’s water onder jou voete … en City Drilling kan daarby uitkom

By 2 min read
339 words

469835056_1107863537799719_6099338624100790695_n

Water is lewe vir mens, plant en dier, sê die oumense nog altyd. Maar daar is water en water – wat mens, dier en plant nodig het, is skoon, onbesoedelde, vars, bekostigbare water sonder waterbeperkings. En dit is net hier waar City Drilling boorgate die lewensbron in jou hande kan sit.

Miljoene kubieke meter water lê reg onder jou voete. Boorgatwater is van die suiwerste water wat jy kan kry, en is hormoon vry. City Drilling spesialiseer daarin om jou toegang tot hierdie natuurlike bron te gee.

Daar is baie voordele daaraan verbonde om jou eie boorgat te hê. Buiten die feit dat jy konstant water sal hê sonder onderbrekings of beperkings, bespaar jy ook koste en dit voeg toe tot jou huis se waarde.

Sake-ondernemings, private instansies, boere en bure het reeds begin om hulle eie boorgate te laat sink deur City Drilling.

In die afgelope paar maande het City Drilling boorgate geboor in Roodeplaat, Danefern, Randburg, Midrand, Aspin Hills, Fairfield, Kyalami Estates, Green Meadows, Glen Marais, Benoni, Soweto, Montana, Waterkloof, Sinoville, Brooklyn, Booysens, Waverley, Annlin, Hennopspark, Pretoria en Faerie Glen. Ons boor gereeld in dié en ander residensiële areas regoor Gauteng.

City Drilling is daartoe toegewyd om langdurende verhoudings met ons klante te bou om die voorste boorgatdiensverskaffer in Gauteng te wees. Ons glo in volhoubaarheid en om ons waterbronne te spaar vir die volgende geslag.

Ons het verskeie bore en met ons 2,2 m hoë boor kan ons by klein ruimtes inkom of op paaie met gewig beperkings ry.

Indien jy wil hê City Drilling moet vir jou ‘n prysberaming kom doen, kan jy vir Rhiaan kontak by 073 093 5550. Stuur gerus ook ‘n Whatsapp met die lokasiepin.

Prysberamings word gewoonlik per meter bereken. Kwotasies word gewoonlik op 60 meter diepte uitgereik. Indien water vlakker gevind word,  is die finale bedrag minder as beraam. Ons kan ook kwoteer vir pomp en installasie.

City Drilling stabiliseer ook jou boorgat met ‘n 6 m staal of dieper afhangend van die grond stabiliteit.

Skakel City Drilling en kry vandag nog beheer oor jou water.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0