Daar is nie iets anders nie, net ’n SCANIA

dsc_0241
Scania se betroubare vragmotors sal enige groenteboer opgewonde maak. “Dit is belangrik om ons produkte tydig en vars op die mark te kry en beheer daaroor te hê. Dit is ook hoekom ons ons eie vervoer het,” sê Johan Greyling van Aqua-boerdery, buite Christiana.
Hy is die derde geslag op die plaas, Aqua, waar daar op groot skaal groente, veral uie en aartappels, verbou word. In 1942 was daar geen water op die plaas nie en donkies is gebruik om water te karwei na waar dit nodig was. Toe sy oupa uiteindelik na ’n lang gesukkel water raakboor op die plaas, was hulle so dankbaar dat hulle die plaas Aqua genoem het. “Ons is vandag nog dankbaar vir elke druppel reën.”
Johan het in 2008 al sy eerste Scania gekoop en besit nou drie R460 Scanias wat elk lag-lag met ’n vrag van 35 ton kan mark toe draf. “Ons het ’n langtermynverhouding met Scania en hoe meer jy by een handelsmerk hou, hoe beter.” Die Scanias vervoer elke dag van die week hulle groente na winkelgroepe en die mark en kan weer op pad terug ander plaasbenodigdhede soos kunsmis oplaai. Johan sê Aqua vervoer 70% van hulle produkte self; vir die ander gebruik hulle kontrakteurs.
Die volgelaaide Scanias bereik Pretoria, een van hulle afleweringspunte, binne sewe uur. Verder ry die vragmotors na Kimberley, Bloemfontein, Johannesburg, Durban en selfs tot in Kaapstad. Aqua-boerdery se Scanias werk vyf tot ses dae per week, regdeur die jaar, en lê tussen 16 000 en 18 000 km per maand af. Die brandstofverbruik van die vragmotors is van 2,2 tot 2,5 km per liter.
Volgens Rudi White, Aqua se pakhuis- en vervoerbestuurder, is dit ’n goeie brandstofverbruik teenoor ander vragmotors. Rudi verklaar ook onomwonde dat Scania se naverkoopdiens die beste is. “Hulle reageer onmiddellik. As die vragmotor dalk langs die pad breek, bel hulle die naaste dienssentrum en hulle kom dadelik om dit reg te maak. Die vragmotor is dan nog betyds vir aflewering.” Johan voeg by dat Scania goeie produkte en ’n goeie diensplan het. ’n Ander vragmotor sou maklik drie maande gestaan het. “Een keer het ’n vragmotor ’n moeilike probleem gehad en toe verskaf Scania aan ons ’n ander vragmotor om mee te ry terwyl hulle daaraan werk.”
Rudi sê hulle vragmotors word gewoonlik op Maandae in Kimberley versien en dan kry hulle dit nog dieselfde dag terug. Die handelaar wat die uitstekende diensnetwerk aanbied, is Scania Bloemfontein.
Vanuit dié tak word die hele sentrale streek van Suid-Afrika bedien, van die Noord-Kaap tot by die Oos-Kaap se kusgebiede. Paul Uys en sy span verstaan die spesiale behoeftes van boere met betrekking tot bederfbare en kneusbare produkte. Paul sê staantyd is vir enige maatskappy ’n verlies, maar die landbou word dubbeld geslaan as ’n vrag nie betyds afgelewer kan word nie, want dit is nie soos staal of meubels wat more nog presies dieselfde lyk nie. Wanneer varsprodukte staan, verlaag die gehalte onmiddellik en daarmee saam die prys wat op die mark behaal word. Dit is waarom goeie dienslewering vir Scania so belangrik is. ’n Boer kan ook kies tussen verskillende dienskontrakte, van ’n gewone diensplan tot ’n volledige herstel- en onderhoudskontrak, waarvoor hy elke maand ’n vaste bedrag betaal, waarvoor hy dus kan begroot. Dit bied die gemoedsrus dat hy enige tyd op Scania se knoppie kan druk sonder om skielik sy kontantvloei seer te maak.
Veilige aflewering
Mundus Joubert van die bedrywige Makoadi-plaas by Clocolan in die Vrystaat stem saam dat die mense van Scania uitstekende diens lewer. Mundus sê daar loop elke dag trokke van die plaas af na kettingwinkelgroepe en markte landwyd en Scania kan orals vinnig help. Makoadi se reeks groente wissel van aartappels, pampoen en kool tot verpakte “sagter” groente soos murgpampoentjies, blomskorsies (patty pans), blomkool en amper enige produk wat in die supermark se yskas gehou word.
Dit is belangrik dat hierdie sensitiewe groente vinnig en veilig in verkoelde waens vervoer word. Mundus sê hulle verkoelingswaens word net eenvoudig agter aan die Scanias gehaak en dan weet hy sy kosbare vrag is op veilige wiele!
Hy sê die vragmotors is baie gerieflik om in te ry en die bestuurders word nie so gou moeg nie. As ’n bestuurder by ’n plek wil oorslaap, kan hy ook net die geriefl ike bed laat sak en homself tuismaak. Mundus spot: “Jy kan eintlik jou vrou met vakansie vat met die trok, want daar is selfs ’n dubbelbedgrootte slaapplek en jy gaan lekker geriefl ik ry.”
By Aqua sê Lucas Mooketsi, een van die bestuurders, sommer reguit as hy nie met ’n Scania kan ry nie, dan wil hy glad nie vragmotor bestuur nie: “Daar is nie ’n ander lorrie nie, net ’n Scania. Dit is my eerste en laaste lorrie.”
Skakel Scania by 011-661-9600 of besoek www.scania.co.za om uit te vind waar jou naaste handelaar is sodat jy ook hierdie probleemvrye vragmotor kan besit. In die Vrystaat kan boere met Wynand van den Berg by 051-433-1218 praat.

Op die bedrywige Mokoadi-groenteplaas by Clocolan is daar regdeur die jaar varsprodukte wat weggery moet word.

’n Scania wat varsprodukte aanry moet nie net presteer op die teer nie, hy moet ook grondpad kan ry!

Rudi White, pakhuis- en vervoerbestuurder, en Johan Greyling, eienaar van Aqua-boerdery, in die pakhuis vanwaar die vragte daagliks gestuur word.
