Categories: NuusPublished On: 5th March 2020

Corona-krisis bedreig wêreldwye handel in landbou

By 1 min read
200 words
corona

corona virus

Die onverwagse en kommerwekkende verspreiding van die Coronavirus (COVID-19) het ‘n vrees vir wêreldwye ekonomiese verlangsaming laat ontstaan. Die Suid-Afrikaanse landboubedryf voer jaarliks ongeveer 25 kommoditeite ter waarde van meer as $10 miljard uit.

“Die huidige onsekerheid in die markte en die wêreldwye verlangsaming plaas bykomende druk op die verswakkende Suid-Afrikaanse ekonomie. Die impak van die COVID-19 loop saam met die aankondiging van ‘n terugtrekking van 1,4% in ons ekonomie asook ‘n afname van 7,6% vir die landbou in die vierde kwartaal van 2019,” sê Omri van Zyl, Agri SA se uitvoerende direkteur.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Vrydag, 28 Februarie 2020, die COVID-19-uitbreking as ‘n wêreldwye pandemie verklaar. Regerings regoor die wêreld moes noodgedwonge gebeurlikheidsplanne in plek stel asook hul bekampingsmaatreëls versterk. Die wêreldmark het verlede week meer as $6 miljard verloor. Dit was die swakste ekonomiese week sedert die wêreldwye resessie in 2008.

“Dit is tans ‘n ingewikkelde taak om die ekonomiese impak op die Suid-Afrikaanse landbou te bepaal.  Op die korttermyn verwag ons uitdagings met die voorsienings-en logistieke kettings wat ernstige skade vir uitvoergedrewe landboukommoditeite kan beteken, ”sê Van Zyl.

Agri SA werk voortdurend saam met die bedryfsliggame om die impak van COVID-19 te monitor.

Bron: Agri SA

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0