Categories: ArtikelsPublished On: 8th February 2024

CASE IH verf Balfour Hooidag 2024 rooi

By 3 min read
649 words

20240118_151340

Die koue en bewolkte weer het boere beslis nie afgeskrik van vanjaar se Balfour Hooidag nie. Boere en belangstellendes het weer vanjaar op Gert Kriek, voorsitter van Balfour Hooidag, se plaas bymekaargekom om die nuutste hooitoerusting en landbouwerktuie in aksie te sien. Verskeie groot vervaardigers het weer die kans gekry om hulle toerusting en masjinerie se kragte en werkverrigting te demonstreer, en soos altyd het CASE IH se mooi rooi toerusting die koppe laat draai!

‘n Verskeidenheid van CASE IH en Northmec se wêreldbekende werktuie is by vanjaar se Hooidag gedemonstreer, naamlik; verskeie Sitrex-harke, Vermeer-balers- en hooitoerusting, CASE IH se indrukwekkende balers en snyers asook die WD 1905 platsnyer. Verskeie CASE IH-trekkerreekse, van groot tot klein, het natuurlik gehelp om die demonstrasies ‘n werklikheid te maak.

Die Stirex QR12-hark was ook mooi getooi in rooi om te wys wat in hom steek.

Dale Bierman, verkoopsverteenwoordiger van Agrimech SA en handelaar van CASE IH op Balfour, vertel: “Die jaarlikse Balfour Hooidag in ons omgewing is vir ons as Agrimech SA baie belangrik. Dit is vir ons ‘n eer om vir enige boer, groot of klein, die regte toerusting te kan bied en demonstreer op dae soos die.”

Dale voeg by: “‘n Groot hoogtepunt van die dag vir ons was ook om ons nuwe toevoeging tot ons trekkerreeks, ons Optum 300, aan boere bekend te stel. Hierdie outjie sal ook by vanjaar se NAMPO-oesdag uitgestal word, vir die wat hom weer ‘n slag van nader wil bekyk!”

CASE IH se 110 JX Farmall-trekker met die Vermeer M7050-snyer.

André Olwagen, hoof van CASE IH en NMI se Taktiese Bemarking, deel meer na afloop van die dag: “Ons as CASE IH is toegewyd daartoe om die volledige pakkie aan die boer te bied. Ons het vanjaar weer ‘n goeie hooidag gehad. Alhoewel die dag bewolk begin het, het dit ‘n mooi dag geword, en almal kon hulle toerusting demonstreer en wys wat hulle kan doen. Ons reeks toerusting het ook weereens sy waarde bewys. Ons demonstrasies het ‘n verskeidenheid toerusting ingesluit, van ons balers – daar is nie verniet ‘n nommer een op daardie RB455-baler nie, die balerresies wenner, tot ons trekkers, harke en snyers asook ons ondersteunerswinkel.”

Boere het belangstellend gekyk hoe die CASE IH se WD 1905-platsnyerflink en vinnig deur die gras werk.

André voeg by: “2024 is ‘n baie belangrike jaar vir ons, en ons is opgewonde oor wat die jaar inhou. Ons wil aan ons boere die voordele wys wat ons toerusting en tegnologie bied en hulle help, bystaan en ondersteun om beter besluite vir die toekoms te neem.

“Hierdie dag bied ons soveel ongelooflike geleentheid om aan die boere te wys wat ons bied, om skouers te skuur met die boere, verhoudings op te bou en die belangrikste vir ons, of dit nou nat of droog is, moeilik of maklik gaan, CASE IH, Northmec Implemente (NMI) en Agrimech SA stap die pad saam met die boer, en ons wil die boere gemoedsrus bied om op ons te kan steun

“Ons het handelaars regoor die land en ons nooi elke boer uit om in aanraking met ons te kom vir goeie diens en gerieflikheid, waar die boer kan instap en alles kry wat hy benodig, van ‘n glimlag tot ‘n koppie koffie en ‘n langtermyn vennoot.

“Elke jaar raak hierdie geleentheid net al hoe beter! Namens CASE IH en Northmec spreek ons graag ons dank uit aan al die organiseerders van dié byeenkoms en almal wat gehelp het om die dag ‘n sukses te maak. Ons sien uit na ‘n opwindende 2024 en om weer by Balfour Hooidag 2025 saam te kuier,” sluit André af.

Vir enige navrae oor CASE IH se produkte, besoek hulle webwerf by https://www.caseih.com/en-za/southafrica en vir enige navrae oor Northmec Implemente se produkte, gaan na https://www.northmecimp.co.za/. Kontak ook CASE IH se handelaar op Balfour, Agrimech SA, by (+27)17-004-0118.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0