Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 14th February 2023

Case IH se mooi rooi baler WEN die 2023-balerwedstryd

By 3 min read
666 words

Case 455 baler

Die wenner in FarmSpace se balerwedstryd, die Case RB 455-veranderlikekamerrondebaler, toon hier sy baasskap agter 'n Case Puma 155-trekker.

Die droom van elke boer, bees en skaap is goeie, gesonde, voedsame voer wat in ՚n netjiese, stewige baal saamgepers is om vervoer en hantering te vergemaklik en om smaak en voedingswaarde te behou. Presies sulke voortreflike bale kon onlangs gesien word by FarmSpace se balerwedstryd, geborg deur King Price.

Maar meer nog: Boere en kontrakteurs kon met hulle eie oë sien hoe flink die werktuie werk om hierdie bobaasbale te skep. Die uitdaging was vanjaar ekstra groot, want die balers moes met sopnat gras werk.

Die wenner!

Daniel Dames, produkspesialis van Case IH Suider-Afrika, verklaar trots: “Vandag is Case baie trots om die eerste plek in die veranderlikekamerbaler-afdeling met ons RB455-baler en tweede plek in die vastekamer-afdeling met die RB545-baler te verower.”

RB 545-vastekamerrondebaler

Die nuwe RB545 is ‘n hoëkapasiteitbaler wat bale van 1,25 meter deursnee maak. Hy baal hoë- of lae-droëmateriaal gras en strooi ewe goed.

՚n Baler kan so wonderlik wees as wat hy wil, maar as hy nie die materiaal in die windry flink en volledig kan optel nie, help alles niks. Daarom het die
RB545 ՚n drukroller wat voor die opteller loop om die windry effens plat te druk sodat die materiaal meer kompak kan wees vir die optelslag. Nou tel die opteller materiaal op en nie wind nie, wat ՚n veel egaliger invoer verseker.

Die opteller werk 2,2 wyd met sy taai tande van 5,5 mm hoësterktestaal.

Standaard rotorsnyer

Jy kan kies hoe fyn of grof die materiaal gekerf moet word voordat dit in die baal beland deur tien, twintig of met ‘n handlemkieser kan jy tien van die twintig lemme laat werk, of die ander tien of al twintig.

Verstoppings is onwaarskynlik, maar as dit sou voorkom, raak die valvloer maklik en gou daarvan ontslae.

Baalkamer

Daniel sê die baalkamer het agttien geprofileerde swaardiensrollers wat deur outomaties gesmeerde swaardienskettings aangedryf word om ՚n lang lewensduur te verseker. Die kamer beskik oor sterker, koudgevormde kamerrolle. ’n Nuwe 10-kerfoppervlak laat die baal draai ongeag toestande of materiaal sonder om op die net vasgevang te word.

Case se RB 545-vastekamerrondebaler, getrek deur die Puma 140, het tweede geëindig in sy afdeling.

“Die rollers loop in brassbuste wat deur ՚n smeermiddel bedek word deur die outomatiese smeringstelsel. Dit verseker dat die buste ՚n baie langer leeftyd het,” verduidelik Daniel.

Vingerpuntbeheer

ISOBUS-terminale beheer die hooffunksies van Case IH RB545- en RB545-vastekamerrondebalers. Die Case IH AFS 700-terminaal is die perfekte vennoot. En dit is so maklik: Prop net jou baler in jou Case-trekker met die Pro 700-skerm, en die sagteware installeer vanself. Hierdie stelsel laat jou maklik baaldigtheid, netvoer, olie- en smeermiddelhoeveelhede aanpas vanuit die gerief van jou trekkerkajuit.

“Dit maak nie saak wat die toestande is nie, die Case-baler sal altyd meer bale van ՚n hoër gehalte per dag maak. Hierdie gemoedsrus is iets wat elke boer wat ‘n Case-produk aankoop kan hê,” sê Daniel.

RB 455-veranderlikekamerrondebaler

Hierdie baler produseer bale met ՚n deursnee wat wissel van 0,9 tot 1,5 meter. Nuwe optellers met vier of vyf stawe tel swaar materiaal 2,35 meter skoon, flink en vinnig op en voer dit gladweg deur die voeropening vir tot 25% meer kapasiteit.

Hoë werkverrigting

Die RB455 met sy vyftien veerbelaaide kerflemme wat uit die trekkerkajuit beheer word maak digte bale, wat hantering en stapeling makliker en vervoer lonender maak en voedsaamheid behou.

Vingerpuntbeheer

Die Case IH AFS Pro 700-raakskermterminaal, is beskikbaar in groter Case IH-trekkers, maar jou handelaar kan dit ook in ander modelle installeer. Dit beheer RB455- en RB465-rondebalers. Die AFS Pro 300-skerm kan in tot ses afdelings verdeel word om jou belangrikste inligting te vertoon.

Daniel se boodskap aan boere en kontrakteurs is: “By Case IH sal ons as produkspesialiste en die handelaarsnetwerk altyd daar wees om jou te ondersteun, en ons verseker jou van die gehalte van ons werktuie.”

Kliek hier om dit in aksie te sien

Praat met die Case IH-handelaar in jou gebied of besoek na www.caseih.co.za vir rondebalers wat presies aan jou vereistes voldoen.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0