Case IH se borgskap by Lamb Champs 2023 net die begin van die nuwe spankrag

DSC_0016
Lamb Champs, was gestig in 2020. Na die heel eerste Lamb Champs ‘n dawerende sukses was, het die familieboernetwerk, Saai, besluit dat die volgendes nog beter en groter moet wees. Vanjaar het meer as 5 000 mense van 100 lammers se spitte geproe om vas te stel watter lamsvleis die lekkerste in Suid-Afrika is.
Lamb Champs 2023 lok talle om te smul aan die beste lamsvleis in die land
Op 29 Julie 2023 was besoekers wat in hoë geesdrif by Loftus Versfeld opgedaag het, bereid om aan ‘n verskeidenheid spitte te proe. Die heerlike geur van die skape op die spitte wat in die lug gehang het, het die potensiaal gehad om almal in die omgewing te lok.
Dit was ‘n fantastiese byeenkoms, en duisende mense van naby en vêr het dit bygewoon om hulle steun te wys vir die inisiatief van ‘n honderd boere wat hulle lam op die spel gesit het om met die louere van die lekkerste lam in die land weg te stap. Die kompetisie se doel was om te bepaal watter van die honderd boere se lammers die geurigste was.
Case IH se betrokkenheid by Lamb Champs 2023
Case IH was een van die geleentheid se primêre borge, en hul slagspreuk, “met Case ja, met Case,” was ‘n trefwoord wat op almal se lippe was.
“Ons is vandag hier by Lamb Champs 2023, as een van die trotse hoofborge van die aangeleentheid. Die rede hoekom ons hier is en betrokke is by die dag is natuurlik om lekker tyd te deur te bring saam met ons families, en ook met dié van ons boere en die gemeenskap,” sê Stephan Nel, besturende direkteur van Case IH.
Stephan voeg by dat hulle nie kon wag om die baie skape te proe wat daardie dag op die spitte gebraai het nie.
Lamb Champs 2023 wenners
Die wenner van die Lamb Champs 2023 was vasbeslote Paul van Rooyen, wat van die Vrystaat afkomstig is. Hy het weggestap met die kontantprys van R50 000 asook ‘n bronstrofee wat deur die beeldhouer Nic van Rensburg Artist Gallery weg gestap wat benewens ter waarde van R80 000 gewaardeer is.
Beide Basie van Wyk van Limpopo en Leon Struwig van Mpumalanga het onderskeidelik in die tweede en derde plek geëindig.
Die Meatmaster-lam het die eerste plek in die kompetisie behaal, terwyl die Dormer- en SAVM onderskeidelik tweede en derde gekom het.
Bekende sangers het gesorg vir genoeg vermaak tussendeur die proe, smul en samesyn.
Tot volgende keer, mag die skaapvet nog lank blink om die lippe!
Kyk die video hieronder vir ‘n paar hoogtepunte van Case IH se betrokkenheid op die dag:



