Case IH gaan van krag tot krag

DSC_0046
Die Case IH-handelsmerk is gefokus daarop om sy posisie in die mark verder te versterk deur sy oog op die toekoms van landbou te hou. Case IH groei steeds jaar na jaar van krag tot krag.
Case IH is bekend vir hulle hegte verhouding met die boer. Hulle is wyd bekend as planmakers, werkers en assistente. Case IH fokus op die toekoms van die boer en die toekoms van die landboubedryf. Hulle doel is nog altyd om die landboubedryf van môre beter te maak as wat dit vandag is.
Case IH het met ‘n treffende boodskap boere by NAMPO-oesdag 2022 verwelkom:
“Wat is die betekenis van die lewe, vra ons? Wat gee ons handewerk betekenis? Dit handel oor wat ons doen, en wat veel wyer strek. Veertig oeste is al wat jy het in jou leeftyd – hoeveel tyd het jy oor vir ‘n nalatenskap? By Case verstaan ons dat jou waardevolste jare toegewy word daaraan om die wêreld te voed – kom ons laat dit geld, tesame.”
NAMPO-hoogtepunte:
AFS Connect™
“Die AFS Connect™-stelsel is ‘n integrale stelsel wat deel uitmaak van die hele produk wat ons verkoop,” vertel Nico Dreyer, presisiespesialis by Case IH. “Plaasbestuurders en operateurs dra maklik inligting tussen die trekker en ‘n skootrekenaar oor. AFS Connect™ bied jou die vryheid om die regte besluite te neem op grond van alle beskikbare data, op die regte tyd, enige plek, vanaf enige toestel.
“Die AFS Connect™-portaal is geïntegreer met die Steiger AFS Connect™-trekker-reeks. Dit stel jou in staat om jou plaas, vloot en data vanaf ‘n slimtoestel te bestuur. Jy kan enige tyd, enige plek, inligting oor veldbedrywighede, vlootgesteldheid en agronomiese sake bekom. Die stelsel stel jou ook in staat om geselekteerde agronomiese data met derdepartyvennote te deel, en die data word boonop veilig na en van die kuberwolk oorgedra,”
voeg Nico by.
CASE-konstruksietoerusting vier 180 jaar
Case IH het hierdie jaar breëbors by NAMPO rondgeloop met die mylpaal van 180 jare se getroue diens aan boere. Case IH is in 1842 gestig, en die handelsmerk is vandag nog ‘n belangrike wêreldspeler in die mark van landboutoerusting.
Case het ontstaan toe uitvinder en ondernemer Jerome Increase Case die Racine Threshing Machine Works in Illinois, VSA, gestig het. Dit was die begin van ‘n opwindende reis van ondernemerskap, vindingrykheid en deurlopende ontwikkeling van praktiese oplossings vir die uitdagings van konstruksiewerk.
Case fokus daarop om voort te bou op hulle nalatenskap, asook die vestiging van ondernemings en verhoudings met boere en klante regoor die wêreld.
“Al die spanlede van Case-konstruksie is trots om deel van die maatskappy en die Case-handelsmerk te wees,”
vertel Graham Forte, besturende direkteur van Case-konstruksie Suid-Afrika.

Case IH Fanshop
Case IH het ook vanjaar by NAMPO hulle klerereeks bekendgestel wat bekend staan as die “Fanshop”. Klere te kies en te keur vir jonk en oud. Loer gerus op hulle webtuiste vir meer: https://www.caseih.co.za/merchandise/.
Jaques Taylor, besturende direkteur van Case IH, sê: “Case sal voortgaan om ‘n bydrae te lewer tot die groei van die landboubedryf deur sy verbintenis tot gehalte, vernuwing, gevorderde tegnologie, kundigheid in landboupraktyke en professionele ondersteuning. Ons werktuie en toerusting is bestem om die boer ten beste te dien.”
Om meer uit te vind oor die verskeidenheid toerusting en oplossings wat Case IH bied, besoek hulle webwerf by https://www.caseih.co.za/ of kontak hulle by (+27)-11-922-2300.
Kyk die volledige video op ProagriMedia:

