By ETEC is alles elektries
NAMPO_ETEC_THUMBNAIL
ETEC voorsien al vir ses jaar elektriese voertuie aan Suid Afrikaanse industrieë soos landbou en sekuriteit.
By NAMPO het hulle al hulle staatmaker voertuie saamgevat om vir die boere te wys. Die maatskappy spesialiseer in alternatiewe energie en is passievol oor bekostigbare en volhoubare energie oplossingsvir voertuie.
ETEC se reeks sluit produkte soos die bekende Bike Bakkie, Apex, Quad Bakkie, Blitz Cruiser en meer in. Daar is ook opsionele ekstras soos lithium batterye en sonpanele wat jy by jou elektriese voertuig kan voeg.
Besoek gerus hulle webtuiste by www.etec.co.za om meer oor hulle produkte te leer.