Buckridge Bonsmaras-veilingsverslag: Topgehalte genetika opgeveil

IMG_1294
Buckridge Bonsmara het nie verniet genoem dat hulle vroulike diere die beste is wat gekoop kan word van ‘n produksieveiling nie. Ook nie dat hulle topbulle het nie. Hulle goeie pryse by hulle produksieveiling het dit ook uitgebeeld.
![]() |
![]() |
Buckridge se produksieveiling op 27 Februarie 2024 te Tlakgaming veilingskrale het talle beesboere gelok. Daar was ook aanlynbieërs. Andre Kock en seun was die afslaers.
Hulle het 12 bulle op aanbod gehad wat vanuit die welbekende SYF 17 256 geteel is, wat na ons mening een van die beste myostatin normale bulle tans in die Bonsmara bedryf is.
![]() |
![]() |
Hulle hoogste prys op ‘n stoetbul het gegaan vir R110 000. Die bul, lot 6, is verkoop aan Cobus Burger, eienaar van B2 Bonsmara van Reivelo.
Sien hieronder die veilingsverslag:

Hulle wil spesiaal elke koper en besoeker aan die veiling bedank vir hulle ondersteuning.
![]() |
![]() |
Besoek hulle Facebookblad vir meer inligting: https://www.facebook.com/profile.php?id=100063531583749





