Categories: Artikels, Vee en Wild, VeilingsPublished On: 25th February 2026

Buckridge Bonsmaras se aanlyn produksieveiling bewys gehalte in uitdagende tye

By 1 min read
223 words

Lot 5 SYF 22-351

Die hoogtepunt van die veiling was ongetwyfeld die verkoop van die duurste bul, Lot 5 (SYF 22-351), wat vir ’n indrukwekkende R400 000 verkoop is.

Op 24 Februarie vanjaar het Buckridge Bonsmaras hul aanlyn produksieveiling met groot sukses aangebied en weereens bewys dat gehalte altyd sy merk maak – selfs in uitdagende tye in die landboubedryf.

Die veiling is aangebied deur André Kock en Seun van Vryburg, in samewerking met SwiftVee en hul aanlynplatform, wat die proses vir aanlyn kopers en kopers van ver moeiteloos gemaak het.

Buckridge Bonsmaras het ’n besonder sterk aanbod van bulle en vroulike diere op hierdie veiling aangebied, diere wat getuig van jare se doelgerigte seleksie, funksionele eienskappe en genetiese vooruitgang. Van die dragtige verse wat op die veiling aangebied is, sou by vanjaar se Nasionale Bonsmara-veiling aangebied word, maar weens die beperkings met bek-en-klouseer is hierdie diere toe op Buckridge se produksieveiling aangebied. Die diere is werklik met die hand uitgesoek.

Die duurste bul van die dag, Lot 5 (SYF 22-351), verkoop vir R400 000 aan: Westbourn Bonsmaras, DRM Bonsmaras en TSAR Beef.

Die uitslae was soos volg:

Buckridge Bonsmaras kan trots wees op ’n veiling wat nie net sterk pryse behaal het nie, maar ook die ras se standaarde bevestig het. Die sukses van hierdie aanlyn produksieveiling beklemtoon dat toegewyde teling, konsekwente seleksie en professionele aanbieding steeds beloon word, en dat daar selfs in uitdagende tye alternatiewe planne gemaak kan word om veilings suksesvol aan te bied en boere deur hierdie tydperk te ondersteun.

 

1

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

1