Brandstofpryse styg al weer

Petrol-pump
Brandstofpryse styg vanaf more, 1 Junie, drasties.
Beide 95- en 93-oktaan petrol styg met 52c per liter en diesel styg met 76c per liter. Die petrolprys gaan dan R12,96 wees vir 93-oktaan en die dieselprys is R11,29 vir 0,05%.
Die rede vir die styging in die brandstofpryse is die rand wat ietwat swakker verhandel en ‘n styging in die prys van internasionale petroleumprodukte.
Ondank die styging is die diesel- en petrolpryse albei minder as verlede jaar Junie.