Brandstofpryse styg al weer

brandstof
Sorg dat jou motor vol brandstof is, want hierdie Woensdag, 2 November, styg die brandstofpryse al weer. Petrol styg met nagenoeg 45c per liter en diesel sal 63c per liter duurder wees. Paraffien styg met 57c per liter.
Die Automobiel Assosiasie (AA) sê die onlangse versterking van die rand teen die US dollar was nie genoeg om nog ʼn styging in brandstofpryse te verhoed nie.
Die styging kan toegeskryf word aan aan die verhoging van die prys van petrol, diesel en paraffien in internasionale markte en die prys van ru-olie wat ook gestyg het.