Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 22nd March 2018

Bou ’n skaapplaas met Bonnox

By 4 min read
Bonnox

bonnox 1

Ian Wyeth van Heilbron en sy skape geniet die veiligheid wat hulle Bonnox-kampe bied.

Ian Wyeth het lank en deeglik beplan voor hy uit die stad uit plaas toe getrek het om met skape te gaan boer. Een van die oplossings wat hy saam met hom geneem het, was Bonnox. “Ek het jare lank in die suide van Pretoria gewoon en gereeld by die Bonnox-fabriek verbygery,” vertel hy.

“Hulle naam op hulle dak is mos van ver af sigbaar.”

Bonnox moes hom help om die beesplaas naby Heilbron in die Vrystaat in ’n skaapplaas te omskep. Nou, na so amper 1,5 km se draad, is daar ’n gerieflike kamp- en lamhokstelsel op die plaas en hy en sy gesin bly self ook veilig agter Bonnox-heining. Ian sê hy het nou agt Bonnox-kampe wat die bestuur van sy kudde baie makliker maak. Hulle het twee lamseisoene en deel dus die ooie in groepe. Wanneer die lammers gespeen word, word die rammetjies ook eenkant geplaas.

Die groter ramme moet ook van die ooie geskei kan word en dan is daar natuurlik ’n kamp nodig vir siek diere of die hantering van diere. Met Bonnox is dit ook maklik om kampe groter te maak of selfs net tydelik te verdeel in kleiner kampe. Ian-hulle het ook die hekke wat hulle by die koöperasie gekoop het, met Bonnox bespan, want die beste heining help niks as die lammers by die hek kan uitklim of die jakkalse daar kan inkruip nie.

Nou het hy al so ver gegaan om sy eie pypbuiger aan te skaf sodat hy sommer self sy hekke kan maak om presies te pas waar hulle moet, en hulle dan net met Bonnox oortrek. Met die klein blokkies in die draad het hy nog nie ’n probleem gehad dat die jakkalse kan inkruip nie. Die grond onder die heining is goed gelyk gemaak en die draad is lekker styf net bokant die grond gespan. Die plaas het kleigrond en Ian het seker gemaak dat hy die hoekpale behoorlik en diep anker. Tussen die hoekpale is die Y-pale 10 meter van mekaar af ingeslaan. Met die 100-meter rolle is dit maklik om die grootte van jou kampe presies te beplan, sodat daar geen stukkie draad gemors word word nie.

“Die plant van die pale is die grootste werk, daarna is dit sommer maklik,”sê Ian.

Hy en twee werkers het aan die begin saam gewerk, nadat hy al die nodige opleiding by die Bonnox-fabriek gekry het. Nou kan die twee op hulle eie aangaan.

Ian sê: “Bonnox se diens is uitstekend. Hulle het vir my alles gewys en gegee wat nodig was om aan die gang te kom. Die inligting oor hoe die draad gespan moet word, is netjies uiteengesit op ’n pamflet en die draadklamp wat jy saam kan koop, maak die werk kinderspeletjies.”

Ian sê hy moes nou onlangs weer draad gaan bykoop en hy kon nie die naam van die draad onthou nie. Die vriendelike personeel van Bonnox kon dadelik vir hom sê wat hy die vorige keer gekoop het en het saam met hom uitgewerk wat hy nog nodig het.

Benewens die 1,2 meter Money Saver-draad wat hy vir die skaapkrale gebruik, het hy ook 1,8 meter hoë draad aangekoop om die huis en erf toe te span vir veiligheid. Die volgende stap sal wees om die draad te elektrifiseer, maar tot dan reken hy op Jacob en Willemien, sy twee groot Duitse Herdershonde, om lawaai te maak as ongewenste persone naby die heining kom.

Ian sê hy was aangenaam verras met die plaas se drakrag en het besluit om tog ’n bietjie bees ook aan te hou. Die speenkalwers is nou ook agter 1,2 meter Bonnox, maar die pale is hoër en daar word net ’n doringdraad of twee bokant die Bonnox gespan om seker te maak ’n halstarrige speenkalf spring nie bo-oor nie. Die volgende stap was lamhokkies… met Bonnox, natuurlik!

Skakel 012-666-8717, 076-169- 9068, of stuur ’n e-pos aan linda@bonnox.co.za, gerda@bonnox.co.za of zane@bonnox.co.za. Besoek ook hulle webwerf by www.bonnox.co.za.

“Nog een tree nader aan ons Bonnox-werf…,” waarsku Jacob en Willemien.

Bonnox

Die nuwe lamhokke met Ian se selfgemaakte Bonnox-hekke maak skaaphantering ’n plesier.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0