Categories: Artikels, Vee en Wild, VeilingsPublished On: 9th July 2025

Boschoek Bonsmaras: Rooi. Rasgetrou. Reg vir die toekoms.

By 4 min read
847 words

493608360_1266200402176464_2047039069478480704_n

Lot 1, AH 22-36 op Boschoek Bonsmaras se komende veiling

Die naam Boschoek Bonsmaras is, deur genade, goeie begeleiding, kliënte ondersteuning en jare lange se doelgerigte teling, met dankbaarheid ‘n handelsmerk met waarde by ons Bonsmara-vriende en ondersteuners gevestig. Die Boschoek bestuurspan wat bestaan uit André van der Heyde, Jannie Senekal en George Gomba se strewe is nie net om gesogte Bonsmara genetika te teel en aan die mark te bied nie, maar insgelyks om ‘n genetiese nalatenskap op te bou wat in verskeie Bonsmara kuddes kan voortleef. Eers dan sal die kudde ten volle waarde toevoeg.

Die AH-genetika-voorvoegsel is sinoniem met balans, vrugbaarheid en funksionele doeltreffendheid – geteel uit gerekende genetika. Die kudde word op beide soetveld in die Tuinplaas area en suurveld in die Alma omgewing aangehou.

Van kommersieel tot stoet – ‘n pad van integriteit en insig

Boschoek het in 2003 sy ontstaan gehad met ‘n kommersiële kudde wat in die Bela-Bela-distrik aangekoop is en stoetbulle uit gerekende kuddes wat van die begin af gebruik is. Die begeleiding van rolspelers soos dr Wesson van Rensburg en Arthur de Villiers het Boschoek geanker in genetiese beginsels en praktiese seleksie – iets wat tot vandag toe elke besluit rig.

In 2009 is die stoet amptelik geregistreer met ongeveer 200 diere. Vandag, meer as vyftien jaar later, word die kudde gekenmerk deur:

  • ‘n Gefokusde strewe na mediumraam, funksionele diere met hoë aanpasbaarheid;
  • ‘n Diep verbintenis tot prestasie-data en BLUP-riglyne;
  • ‘n Filosofie van volhoubare beesteling vir die kommersiële én stoetmark.

“Die pad was gewis nie altyd maklik nie en ons het oor jare, baie duur lesse en teleurstellings moes oorkom,” vertel André. “Maar dié ervaring het gelei tot insig en “wysheid” in die strewe om ‘n gesogte genetika fondasie daar te stel. Ons diere moet presteer – of dit nou op die veld is, in die voerkraal, of in die buurman se stoetery.”

Teeldoelwitte gebou op werklikheid en resultate

Boschoek Bonsmaras selekteer en streef na:

  • Vrugbare vroulike diere wat jaarliks ‘n kalf speen teen minstens 45% van haar liggaamsgewig.
  • ‘n Geboortemassa van ±35kg, met n beter as ras speengewig, goeie naspeengroei en positiewe skrotumomvang.
  • Diere wat fenotipies korrek, vrugbaar en funksioneel is, met ‘n minimum fenotipe-punt van 7.
  • Mediumraam en “easy fleshing” diere wat maklik vleis aansit en met positiewe veldaanpasbaarheid.

Daar is ‘n sterk neiging na Bos taurus-tipe eienskappe, sonder om Indicus-hardheid of veloppervlak in te boet. “Ons teel nie vir uiterste gewig of vertoon nie – maar vir prestasie in realistiese, maar tog dikwels strawwe omstandighede binne die riglyne van goeie voeding beskikbaarheid,” sê André.

George Gomba en Jannie Senekal vorm deel van Boschoek se bestuurspan.

Waarom Bonsmaras?

Volgens André is die antwoord eenvoudig:

  • Die ras is aanpasbaar, nasionaal en internasionaal.
  • Daar is ‘n kultuur van kennis deel en spontane netwerke onder telers.
  • Die ekonomiese waarde van die ras spreek vanself in die voerkraal en veilingskraal.
  • Die ras laat ruimte vir eksperimentering, verbetering en vooruitgang .
  • Ons sluit vriendskappe en verbintenisse met besonderse vriende wat gemeenskaplike waardes aanhang en uitleef.

Mentorskap, raad en roeping

Vir opkomende telers het André ‘n duidelike boodskap: “Vind ‘n mentor; iemand wat nie net jou hand vat met seleksie en administrasie nie, maar wat jou kan help om jou teeldoelwitte te formuleer en na te streef. Begin jou stoetpad reg en doen dit saam met iemand wat jy vertrou. Ons was geseënd om te leer by telers soos Arthur de Villiers, Wyle Oom Arthur en Nico Pieterse, Benjamin Bosch en Paul Maré, Derek en Tutu Ralfe en natuurlik by ons eerste mentor dr Wesson van Rensburg, en ons leer steeds met elke interaksie by goeie kundiges in die Bonsmarabedryf waarvan daar baie is.”

Eerste onafhanklike produksieveiling in sig

Boschoek Bonsmaras betree vanjaar ‘n nuwe seisoen. Op Vrydag, 18 Julie 2025 om 11:00, bied hulle hulle eerste onafhanklike produksieveiling aan te Warmbad Veemark, in samewerking met ‘n groep gerekende stoet en kommersiele telers.

Hierdie produksieveiling bied ‘n uitsonderlike geleentheid vir kopers wat waarde heg aan volhoubare genetika:

  • 30 SP-bulle
  • 30 Stoet-vroulike diere
  • 150 Kommersiële vroulike diere

Wat die stoet vroulike aanbod aanbetref, het die Boschoek-span diep in die kudde gaan delf maar ook met stoetvriende hande gevat om ons eerste veiling ‘n unieke geleentheid te maak. Telers sluit in:

  • Arthur de Villiers (AG Bonsmaras)
  • Benjamin Bosch
  • Up George Bonsmaras
  • Paul Maré
  • Thinus Maritz Bonsmaras

Ons kommersiële aanbod is insgelyks besonders en is afkomstig van gevestigde en gefokusde telers wat pragtige funksionele diere aanbied en wie bestaan uit:

  • Willem Groothof
  • Pieter Fourie
  • Ettienne van Tonder
  • Chris Welman

Hierdie telers sal die kern vorm van ons langtermyn kommersiële aanbod.

Meer inligting:

Besigtiging: 17 Julie vanaf 14:00
Aflewering: Tot sentrale punte binne ‘n straal van 400 km (Vleissentraal-punte)

Kliek hier vir die digitale katalogus.

Laai die genetiese brosjure hier af.

Kyk die uitnodigingsvideo in Afrikaans of Sepedi.

Die veiling sal aangebied word deur Vleissentraal Bosveld asook aanlyn deur SwiftVee. Registreer en bie aanlyn.

Vir enige navrae of vir meer inligting kontak:

Jannie Senekal: 082-899-5047

André van der Heyde: 082-334-0491

George Gomba: 078-747-2334

Boschoek Bonsmaras staan vandag as ‘n rotsvaste voorbeeld van wat moontlik is wanneer genetika, insig en roeping mekaar ontmoet. Dagboek 18 Julie 2025 – want dié rooi, rasgetroue genetika is reg vir die volgende geslag.

1

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

1