Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 10th February 2023

Bonsmara vat 2023 aan

By 3 min read
679 words

Foto 1 Artikel – LAR18-236. Calf LAR21-231

Top vroulike diere, soos LAR 18-236 topprys vir 2022, is elke jaar op die Nasionale Veiling.

Bonsmara SA sien uit na Maart. Hoekom? Want MAART MAAND IS BONSMARA MAAND.

Met die nuwejaar wat voor ons lê met al sy uitdagings maar soveel meer geleenthede kan Bonsmara liefhebbers weer uitsien na die jaarlikse Dié Rooi Ras Geleentheid en Nasionale Veiling in Maart. Hierdie jaarlikse hoogtepunt op die kalender lewer elke jaar vuurwerk op.

Terugblik na 2022

Vir Bonsmara telers het die Maart funksie week afgeskop op ‘n hoogtepunt met medeteler en President van Suid Afrika, President Cyril Ramaphosa wat die Kommunikasie oggend bygewoon het en paar gedagtes gedeel het die telers teenwoordig. Opgevolg deur ‘n suksesvolle kommunikasie oggend en Algemene Jaarvergadering was die tafel vir Bonsmara genetika gedek.

Dié Rooi Ras Geleentheid was uitstekend bygewoon deur telers, kommersiele telers en belangstellendes. Dit was duidelik dat die Covid jare sonder funksies het mense weer uitgehonger vir samesyn. Met bekwame ontleders soos Theo Vorster en Wandile Sihlobo kon bywoners van die dag weer ‘n idee kry waar staan die landou in Suid Afrika ten opsigte van die politieke sowel as ekonomiese landskap.

Die oggend is afgesluit met ons eie Chris Visser van Skatkis Bonsmaras wat vertel het van sy ervaring om op kort kennisgewing deel te neem aan die Dakar Rally en hoe deursettingsvermoe het hom deurgesien het om die mees uitdagendste motorwedren op aarde te voltooi

Die Bonsmara SA Nasionale veiling van 2022 het hoogtepunte opgelewer met verskeie rekords wat gespat het. Lot 9 ‘n pragtige 3-in-1 koeie uit die Up George Bonsmaras stal van Derek en Tutu Ralfe het verkoop vir ‘n allemintige R550 000 aan Tambaraine Bonsmaras, Eloff Muller van Mosselbaai. Dit is opgevolg met nog Up George Bonsmaras genetika in die vorm van ‘n dragtige vers wat vir R200 000 deur Boschoek Bonsmaras, Andre van der Heyde van Roedtan gekoop is. Talle ander diere op die veiling het ook skitterende pryse behaal, wat net weereens bevestig dat diere met uitsonderlike genetiese potensiaal en konformasie is altyd ‘n premie werd.

Die Rooi Ras Geleentheid bied altyd iets om na te luister.

Waarna sien ons uit in 2023

Die 2023 Bonsmara SA funksies is reeds in aanloop om weer ‘n geleentheid te wees wat geen persoon in die beesbedryf kan mis nie.

Die week begin reeds op Dinsdag 14 Maart vir stoettelers met die Kommunikasie oggend en Algemene Jaarvergadering. Beide hierdie geleenthede is slegs vir telers.

Laat middag vin die Bonsmara SA Nasionale veiling se Kyk-weer plaas, waar daar besigtigings geleentheid van die diere op aanbod is, sowel as geleentheid om te sien hoe streng Bonsmara SA sy rasstandaarde ag. Hierdie geleentheid is oop vir enige belangstellendes

Op 15 Maart 2023 begin ons om 08h30 met Dié Rooi Ras Geleentheid wat aangebied word by Stonehenge River Lodge in Parys. Die geleentheid beloof om weer insiggewend te wees met dr Frans Cronje wat vir ons ‘n idee gaan gee van wat kan ons as Suid Afrikaners verwag met die politiese landskap. Is ons dalk besig om ‘n keerpunt te bereik?

Die oggend sluit af met ‘n motivering van Braam Malherbe. Braam is ‘n avonturier wat al verskeie bykans onmoontlike uitdagings aangepak en voltooi het. In die tye waartydens daar soveel onsekerhede is kan almal bietjie krag en hoop put uit Braam se praatjie.

Vanaf die geleentheid word daar orgeskuif na die Afridome in Parys, waar die Bonsmara SA Nasionale Veiling om 12h00 sal afskop. Hierdie veiling is natuurlik ‘n hoogtepunt in terme van die veilingskalender want dit bied kopers ‘n geleentheid om uitsoek genetika van kuddes regoor die land op een plek te bekom. Die aanbod sal weer slegs vroulike diere wees want met 105 produksieveilings jaarliks is daar genoeg plekke waar jy die beste bulle in jou eie area kan koop. Hierdie uitnemende kwaliteit vroulike diere stel die maatstaf vir funksionele doeltreffnede aangepasde Bonsmaras.

Bonsmara SA nooi almal uit om te kom deel in die fees om ‘n Bonsmara boer te wees!!!

Program: 15 Maart 2023

08h30 Dié Rooi Ras Geleentheid     – Stonehenge River Lodge, Parys

12h00 Bonsmara SA Nasionale Veiling      – Afridome, Parys

Vir enige navrae kontak vir Louis Steyl per epos by louis@bonsmara.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0