Bonsmara SA nasionale veiling bewys waarom dié die gewildste ras is
Nasionale Bonsmara veiling Thumbnail
Louis Steyl, hoofuitvoerende beampte van Bonsmara SA vertel meer oor die Nasionale Bonsmara veiling wat plaasgevind het.
Hierdie veiling is gehou saam met ander funksies op Bonsmara SA se 60ste verjaardag te vier.
Louis vertel dat die dag uitstekend verloop het. Lot 51 (dragtige vers) van UP George Bonsmaras het ‘n rekordprys van R320 000 behaal. Verder is al die diere verkoop en is hulle baie tevrede met die gemiddelde van die dag.
Nelius Ferreira van Ferrero Bonsmara noem ook dat die dag ‘n groot sukses was. Hy sê dat die kwaliteit van die diere weerspieël is in die opkoms mense en die verkooppryse.
Nelius noem dat die Bonsmara nie verniet die gewildste ras in Suid-Afrika is nie. Hulle is van baie goeie eknomiese waarde met goeie kwaliteit vleis, van die beste moeders en nog mooi ook.
Bonsmara SA sien uit na meer as 110 Bonsmara veilings regoor die land.