Bonsmara Genetics-groep stel die standaard hoog op hulle eerste produksieveiling

365711892_214615611581127_3304646409054774937_n
Bonsmara Genetics het tot stand gekom deur die saamspan van Sebadja Bonsmaras en Boschoek Bonsmaras. Die gedagte van ‘n gesamentlike veiling kom oor etlike jare heen wat gerugsteun is deur grootliks dieselfde teeldoelwitte en waardes van die twee kuddes.
Die kuddes se fondasies het vorm gekry deur die aankoop van teeldiere en genetika uit ‘n aantal progressiewe Bonsmara kuddes wat Bonsmara Genetics se teeldoelwitte weerspieël. Kopers kon getuig van die sterk fondasie waarop die Bonsmara Genetics-groep gebou is, by hulle eerste produksieveiling, gehou Vrydag 11 Augustus te plaas Smallepad, Roedtan.
Uitsonderlike pryse is behaal vir uitstaande kwaliteit en top Bonsmara genetika. Elke lot wat die veilingsring binne gekom het, was die toonbeeld van die Bonsmara Genetics-groep se hoë standaard.

Die duurste bul, lot 8 (SBJ 20-14) van Sebadja Bonsmaras is vir R660 000 aan Bhamjee Bonsmaras verkoop.

Ahmed Bhamjee van Bhamjee Bonsmaras, koper van die duurste bul, lot 8 saam met Christoff Smit, van Sebadja Bonsmaras, verkoper van lot 8.
Vroulike diere behaal ook uitsonderlike goeie pryse tydens die veiling. Die duurste dragtige vers, van Sebadja Bonsmaras is verkoop vir R200 000 aan Limrick Trust. Die duurste dragtige koei, ook verkoop deur Sebadja Bonsmaras verkoop vir R150 000 aan Junorex (Edms) Bpk. Die duurste koei en kalf is verkoop deur Boschoek Bonsmaras vir R100 000 aan Harcor Boerdery.
Gemiddelde van stoet diere was soos volg:
Bulle: R 131 125.00 (40 verkoop)
Koeie en kalwers: R 81 666.00 (3 verkoop)
Dragtige koeie: R 101 666.00 (3 verkoop)
Dragtige verse: R 89 791.00 (12 verkoop)
215 Kommersiële vroulike diere is ook tydens die veiling aangebied wat ook baie goeie pryse behaal het.
Baie geluk aan die Bonsmara Genetics-groep met ‘n fantastiese eerste produksieveiling. Geluk ook aan al die kopers met julle pragtige diere!