Categories: NuusPublished On: 30th April 2021

Bonsmara genepoel hou n goeie veiling

By 1 min read
144 words

Duurste bul – Lot 17 – R 130 000

Duurste bul

Die herfsveiling van Bonsmara Genepoel gehou op 28 April 2021 by Vryburg Skougronde, aangebied deur Noord-Kaap Lewendehawe, het goeie pryse opgelewer.

Pryse behaal op die veiling weerspieël die goeie gehalte diere wat regoor die veiling aangebied was.

Die duurste bul, Lot 17 – BG19-322, van Wiep Joubert van Reivilo, is vir R 130 000 aan Jabra van Wyk van Upington verkoop.

Die gemiddeld oor die bulle wat verkoop is, was R 53 642.

Kommersiële vroulike diere behaal ook goeie pryse.

Koeie met kalwers behaal ‘n gemiddeld van R 24 541, dragtige koeie en kalwers (3-in-1) verkoop vir R 33 000 en dragtige koeie vir R 21 000 gemiddeld.

Dragtige verse is teen ‘n gemiddeld van R 20 840 verkoop en oop verse behaal ‘n gemiddeld van R 12 456.

Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens Bonsmara Genepoel geluk met hul goeie veiling. 

Dit is vir Noord-Kaap Lewendehawe ‘n voorreg om hul veiling te kon aanbied.  Theuns Visser was die Afslaer.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0