Categories: NuusPublished On: 18th April 2018

Boeredag propvol tegnologie: Geen reën keer Ficksburg se boere

By 3 min read
479 words

Foto1 Boere en Uitstallers

Ficksburg Landbouvereniging se boere staan bankvas agter hulle organisasie en het ‘n uithaler-boeredag gehou.

Ficksburg was papnat toe hulle Landbou-vereniging se boere onlangs op die Harmonia-plaas bymekaargekom het om hulle jaarlikse Boeredag te hou. Daar was heelwat saadmaatskappye wat hulle nuwe mieliekultivars in die proewe wat ryp in die kop gestaan het kon wys. Ongeveer 250 mense het die dag bygewoon.

Die ligte reën wat af en toe uitgesak het, het nie die uitstallers gekeer om hulle opwindende nuwe kultivars en produkte en dienste aan die boere te wys en demonstreer nie:

BASF en Nulandis vat hande om doeltreffende plantbeskermingsprodukte te lewer en te versprei. Andre Olivier (Nulandis), Frik Potgieter (Nulandis), Nardo Odendaal (Nulandis), Dieter Terblanche (BASF), Jody Bartleman (Nulandis) en Natis van Niekerk (Nulandis) het waardevolle raad aan die boere uitgedeel. Xander Pieterse en Johnnie Krige van ProAgri staan aan weerskante van die slimkoppe.

Hansie van Rooyen en Johan du Plooy van AFGRI stel John Deere se presisieboerderyprodukte, soos “RowCommand”, seksiebeheer en sagteware bekend. Hulle gee ook nuttige agtergrondinligting om te verseker dat jy die uitstekende tegnologie wat John Deere bied ten volle kan benut.

Wykie van der Merwe van United Seeds het drie van hulle geel kultivars bekendgestel. US9610 is baie wyd aangepas, meerkoppig en selfs die spruite maak koppe. US9612 is ‘n nuwe meerkoppige baster met ‘n goeie staanvermoë wat ‘n hoë opbrengs lewer. US9616 is ‘n langer groeier en enkelkoppig.

Villa Crop Protection se Interlock-tegnologie beloof om ‘n boer baie meer doeltreffend te laat spuit. Interlock word by die spuitstof gevoeg om die perfekte druppelgrootte te vorm wat nie wegdryf nie en deur die blaredak beweeg om optimaal te funksioneer. Louis Reynolds wys hoe lyk die resultate wanneer die regte sproeikop saam met Interlock werk om die regte druppelgrootte te verseker.

Pieter Taljaart en Buks de Bruin van Agricol het twee van hulle gewilde medium vinnige kultivars bekendgestel. IMP52-12BR is geskik vir die oostelike streek en spruit baie min. IMP51-22BR is geskik vir die westelike streek en omdat dit meerkoppig is en die spruite vrugbaar is, moet die plantestand verkieslik laer wees.

Marnus Marais, Zanmari Möller, Bertus van der Merwe en Steve Venter het Timac se stalletjie beman. Hulle bied tegnologies gevorderde, interaktiewe kunsmis  wat uitstekende spanningsregulering aan plante bied. Dit reageer glad nie met die grond nie en die pH in die grond het geen invloed daarop nie. Dit reageer regstreeks met die plant en word geaktiveer wanneer die wortels hulle organiese sure afskei.

Die manne van Agritechnovation het vanjaar weer gewys hoe hulle in ‘n oogwink jou grondmonster kan trek om vir jou te wys hoe jou grondsamestelling lyk sodat hulle noukeurige aanbevelings kan maak.

Tony Johnson van Monsanto vertel vir die boere watter hibriede hulle vir watter streke en omstandighede kan kies.

Albert Kriek, Francois Gouws en Tappie Bredenkamp van Link Seed het nuttige wenke oor hulle kultivars met die boere gedeel. Xander Pieterse van ProAgri staan aan hulle linkerkant.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0