Categories: Artikels, GewasproduksiePublished On: 27th May 2026

Boer slim, berg self: Jou graan, jou reëls

By 6 min read
1060 words

NAM05806

Vergete is die dae toe jy die oes van jou lande afgehaal en dit aangery het na die koöperasie se silo’s. In hedendaagse boerdery maak dit net meer sin om jou graan in jou eie bergingsfasiliteite aan te hou. RSA Grain Storage Solutions kan jou hiermee help.

Om jou eie graan te stoor gee vir jou markbuigsaamheid sodat jy kan kies wanneer jy wil verkoop. Dit lei ook tot oesdoeltreffendheid sodat jy jou stroper aanhoudend kan laat werk, om kostes te bespaar en beheer oor die gehalte graan wat jy verkoop – sodat jy heeltemal selfonderhoudend kan wees.

RSA Grain Storage Solutions spesialiseer in verskillende graanbergingsoplossings, en by NAMPO 2026 het hulle hierdie oplossings weer aan boere bekend gestel.

RSA Grain Storage Solutions bied PVC-graandamme wat ideaal is vir kleinskaalse boerderye.

PVC-graandamme

*Hierdie produk het hom reeds in die mark bewys – en belangstellendes kan dit jaarliks teen ’n spesiale aanbod by NAMPO aanskaf. Vanjaar is dié uitstekende aanbod verleng tot einde Junie vanjaar. Die damme is uiters geskik vir boere wat eerder op kleinskaal stroop of diegene wat op soek is na ’n mobiele oplossing vir ’n buffer terwyl hulle besig is om te stroop.

“As jy trokke het wat sukkel om by die lande uit te kom wanneer dit so nat soos vanjaar is, werk hulle verskriklik lekker om vir jou die gaping te gee om trokke op een slag te reël of te kan stroop terwyl jy wag vir trokke,” sê Willem Loots, mede-eienaar en direkteur van RSA Grain Storage Solutions.

RSA Grain Storage Solutions bou self hierdie sinkgraandamme wat hulle gevolglik meer bekostigbaar maak.

Sinkgraandamme

Willem sê sinkgraandamme is gewoonlik volgende op boere se lysie.  Hierdie damme bied vir boere meer permanente stoorplek. Hoewel nie alle boere onmiddellik silo’s kan oprig op hul plase nie, bied sinkgraandamme ’n baie goeie oplossing totdat die situasie verander.

“Ons as RSA het begin sinkgraandamme ontwikkel en alles word in Suid-Afrika in ons fabriek gebou. Omdat niks ingevoer hoef te word nie, is die prys van hierdie graandamme ook meer bekostigbaar. Jy kry die funksionaliteit van ’n silo, maar teen ’n prys wat so ’n mooi middeweg is tussen jou graandamme en waar jy na silo’s oorbeweeg,” verduidelik Willem.

RSA Grain Solutions bou hierdie damme tot op 300 ton en het stelsels om die damme te inkorporeer sodat boere met dieselfde toerusting verskeie van hierdie damme kan volmaak.

“Dit is altyd lekker as boere hierdie stelsel aanvra,  want ons kan hom pasmaak vir die toepassing op die plaas self, en ons het nou al ’n hele paar van hierdie damme tot bo in Uganda geïnstalleer,” sê Willem.

Hy voeg by dat die damme uitstekend is vir die Afrika-mark omdat hulle nie baie elektroniese komponente het nie, en boonop is hulle robuust, verg min onderhoud en is hulle besonders duursaam.

RSA Grain Storage Solutions werk saam met AGI, ’n Europese vervaardiger, om hierdie robuuste silo’s op Suid-Afrikaanse en Afrika-boere se plase te installeer.

Volgende op die lysie: silo’s

RSA Grain Storage Solutions het hande gevat met AGI, ’n Europese silovervaardiger. RSA en AGI het in die afgelope paar jaar reeds silo’s van honderde duisende ton in Suid-Afrika opgerig.

“Dit is ’n produk wat ons weet werk, waarvoor ons parte beskikbaar het en omdat die naverkopediens uitstekend is, is dit lekker om met AGI se produkte te werk. Ons plaaslike tegnici weet al hoe om op hulle produkte te werk sou iets opduik,” vertel Willem.

Een van die groot voordele rakende ’n eie silo is die feit dat jy uitstekende beheer oor jou graan het. Jy bepaal self waar jy wil verkoop en aan wie jy gaan lewer. Wanneer die markprys ’n bietjie laer is as verwag, kan jy byvoorbeeld jou graan ’n rukkie terughou sodat jy self kan bepaal wanneer jy gaan lewer namate omstandighede verbeter.

Willem Loots van RSA Grain Storage Solutions.

Graanbunkers

Hierdie jaar het RSA Grain Storage Solutions ook vir boere ’n graanbunker by NAMPO gaan opslaan. Dit is ’n platform wat reeds jare deur koöperasies gebruik word vir grootskaalse graanberging.

“Jy kyk na groottes van 1 000 tot 2 000 ton en groter, maar omdat die toerusting wat gewoonlik saam met dit gaan ’n bietjie duurder is, is dit maar gemik op hoër kapasiteite. Dit is ook ’n platform wat al hoe meer algemeen op die boere se plase begin word. Wat lekker is, is dat baie van die boere ’n inkorporerende stelsel gebruik waar hulle reeds silo’s het en dan net ’n bunker byvoeg,” verduidelik Willem. “Jy behou die funksionaliteit van jou silo’s met jou skoonmakers en jou hanteringstoerusting, maar jy kry ook die voordeel van grootkapasiteit-stoorspasie.”.

Die bunkers werk ook uitstekend wanneer jy meer as een tipe graan het waarvan ’n redelike groot hoeveelheid deurkom. Hierdie bunkers is geskik vir groot industriële kliënte, meulens en koöperasies wat enorme hoeveelhede graan stoor.

RSA Grain Storage Solutions sien nie net om na jou graanopberging nie maar ook jou wateropberging.

Waterdamme

RSA Grain Storage Solutions spesialiseer nie net in graanberging nie, maar kan ook ’n handjie bysit met waterstoorplek op jou plaas.

Die maatskappy rol en buig self die damme, so hulle kan die presiese groottes en mates verskaf wat benodig word.

RSA Grain Solutions fokus ook spesifiek op industriële damme en voerdamme vir plase, en het al vir verskeie bosboukliënte damme gebou vir brandbestryding.

RSA Grain Storage Solutions bou hierdie outomatiese skaapvoerstelsels in groottes van 25 m en 50 m.

Boere kan tussen 500 en 1 000 lammers gemaklik voer met RSA Grain Storage se outomatiese skaapvoerstelsels.

Outomatiese skaapvoerstelsels

RSA Grain Storage Solutions het hul outomatiese skaapvoerstelsels saam met hul kliënte ontwikkel. Omdat die maatskappy reeds met graanhantering en roumateriaalhantering werk, het die reeks natuurlik ontstaan.

“Ons het ’n natuurlike pad gesien om pille, meel of rou voer met die fleks-awegaarlyne te vervoer,” verduidelik Willem.

Hulle vervaardig stelsels wat 25 m en 50 m groot is en gewoonlik sowat 500 tot 1 000 lammers op ’n slag kan voer.

Volgens Willem maak die stelsel dit baie makliker om ’n groot hoeveelheid skape te voer sou minder arbeid beskikbaar wees, veral oor naweke.

*RSA Grain Storage Solutions nooi boere uit om hul webtuiste te besoek vir meer inligting en om meer uit te vind oor die spesiale aanbod op hul PVC-graandamme wat nog tot einde Junie 2026 geld.

Besoek hulle nou by https://www.rsagrainstoragesolutions.co.za/

1

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

1