Bielie Beefmaster bulle op veiling vanuit die gesogte Open Range Beefmaster-kudde

Picture2
Jan van Heerden, die eienaar van Open Range Beefmasters, is bekend vir sy passie en dryf vir Beefmaster-genetika. Dit is juis Jan se gevorderde Beefmaster-genetika wat onder die hamer gaan val in Devon, op 6 Augustus 2024.
Vir die afgelope 20 jaar werk Open Range Beefmasters daaraan om hulle tegnieke en genetika te bevorder en by hierdie jaar se veiling sal hulle beslis die vrugte van hulle harde werk pluk.
Die veiling vind plaas te Plaas Leeuwkop, Devon en is die gulde geleentheid vir Beefmaster boere en telers om hierdie genetika deel te maak van hulle kudde.
Die Open Range Beefmaster bulle se lang lywe, goeie vel- en haar, , sterk oogbanke en breë agterkwarte trek dadelik enige toekomstige koper se aandag.
Jan vertel dat sy Beefmasters sy lewe is. Hy sê dat hy nie vir ander boere kan vertel hoe om hulle kudde te bestuur nie, maar wanneer dit by sý Beefmasters kom, weet hy presies wat werk en wat doen nie.
Hoe lyk die temperament van die Open Range Beefmasters?
Wanneer dit by temperament in teling kom, is die Open Range Beefmaster-span streng daarop om nie onbeheerde temperamente verder te teel nie. Dit beteken Jan en sy seun, SW van Heerden, kies die beeste wat hulle teel noukeurig uit om te verseker dat hulle hul kudde deurgaans bevorder.
Hoe aanpasbaar is die JVH-lyne?
Dikwels word die woorde aanpasbaar en gehard met mekaar verwar. Die JVH-lyne het egter die vermoë om te presteer, ongeag waar hulle geplaas word, en dit lei tot beter weiding en gewigsvoordele. Hulle verseker swaarder kalwers teen speentyd.
Jan en die Open Range Beefmaster-span sien uit daarna om almal by hulle komende veiling te verwelkom. Hierdie is beslis die veiling vir alle Beefmaster liefhebbers, telersen boere wat in die mark is om goeie genetika aan te skaf.