Beveilig jou plaas met toerusting van Valkyrie Africa Tactical

WhatsApp Image 2023-07-14 at 12.13.21 (1)
Plaasbeveiliging is ‘n saak wat elke boer na aan die hart lê. Die onus rus op elke grondeienaar om sy huis en gesin se veiligheid ernstig op te neem. Die goeie nuus is dat daar verskeie middels is wat hom hiermee kan help.
Valkyrie Africa Tactical het in 2019 ontstaan en gegroei na die gehalte aanlynwinkel wat dit vandag is. Dié winkel verskaf ‘n wye verskeidenheid taktiese toebehore en optiese bykomstighede.
Hierdie soort gehalte toerusting is dikwels baie duur, maar om die boer te help poog Valkyrie om meeste van die produkte teen ’n beter prys beskikbaar te stel. Hulle lewer landswyd deur middel van ‘n koerierdiens af.
Hittebeeld produkte
Hittebeelding is ‘n goeie keuse vir jou arsenaal. Wat dit so ‘n uitstekende keuse maak is dat dit beide in die dag en nag gebruik kan word, waar nagsig slegs in die aand gebruik kan word. Dit bied ook verbeterde identifisering oor ‘n langer afstand.
Pulsar
Pulsar is ‘n top Europese produk wat sy ontstaan in Litaue se militêre bedryf gehad het. Dit is wêreldklas optika wat deur middel van elektronika die produk versterk om doeltreffendheid en akkuraatheid te verseker.
Hikmikro
Hierdie maatskappy kom uit Asië en hulle spesialiseer in hittebeeldtegnologie. Hulle Thunder-reeks het in 2019 ‘n toekenning as die beste “hittebeeldtoerusting van die jaar” in Europa behaal.
Sommige van hierdie produkte kan tot op vyf kilometer duidelike sigbaarheid vir die gebruiker gee. Dit beteken as daar deur die lens gekyk word na ‘n hittebeeld wat vyf kilometer ver is, kan die kyker steeds duidelik die beeld identifiseer. Jy sal dadelik weet of dit ‘n dier of ‘n mens is, vriend of vyand.
Besoek die aanlynwinkel op https://valkyrietactical.co.za/ of skakel hulle by (+27)66-288-7835.





