Besoek LEMKEN by NAMPO 2024

muthing 1
LEMKEN is soos oudergewoonte ‘n bekende by NAMPO Park met hulle staatmaker en geharde grondbewerker, plant en stroopmasjinerie, want gesonde grond lewer goeie oeste.
Vanjaar gaan hulle ook weer die Müthing-deklaagbewerker (mulchers) en die Solitair DT by NAMPO hê.
Die Müthing-reeks kom net soos LEMKEN se bekende blou werktuie van Duitsland af.
Blackie Swart van LEMKEN SA sê: “Boere wil nie meer koringreste brand nie. Hulle het na ‘n ander oplossing gesoek om massas materiaal te hanteer, en LEMKEN se Müthing is die perfekte antwoord.”
“Ons het gesoek na werktuie wat net so effektief soos LEMKEN funksioneer en ons het die Müthing-deklaagbewerkers in Duitsland gevind,” sê Blackie.
Müthing het werktuie vanaf 1 meter wyd tot 8,6 meter en daar is modelle wat langs, agter of voor die trekker werk.
By NAMPO verlede jaar kon boere kyk na die 3-meter MU Vario en die 6,7-meter MU Farmer.
Die MU-Vario kan na albei kante toe verskuif met ongeveer 26 cm om by te kom waar die trekker nie kan ry nie. Die roller kan ook verskuif om die materiaal agter of voor die roller uit te laat.
Blackie sê: “Al die hamers is met boronstaal getemper, so dit is baie sterk en vir drie jaar gewaarborg.”
Dit is maklik op die 6,7-m MU-Farmer agter die trekker te haak en na enige plek te sleep, tussen lande en tussen plase. By die werkplek word dit afgehaak, die trekstang vou op, die wiele word uitgeswaai, dit word dan aan driepunt gekoppel en jy is reg vir ‘n baie aggressiewe en deeglike bewerking van massas materiaal.
Die hamers aan die roller weeg elk 2,7 kg, wat dit sommer baie kapkrag gee.
Die Müthings kan op hulle eie gebruik word, maar pas uitstekend in ‘n totale bewerkingsprogram saam met jou LEMKEN Karat of Rubin vir saadbedvoorbereiding.
Solitair DT
Die LEMKEN Compact Solitair wat ‘n kombinasieplantereenheid is, word vervang met die Solitair DT.
Hierdie eenhede doen saadbedvoorbereiding en herkonsolidasie van die grond, en plant dan in ‘n perfekte saadbed. Die Soliatir DT het die opsie om kunsmis saam met die saad of afsonderlik te plaas. Die Solitair DT kan enige saad plant wat in kilogram per hektaar gemeet word, wat in grootte wissel van tefsaad tot sojabone.
Die eenheid se kilowattbehoeftes is verlaag en daar kan ook teen ‘n vinniger spoed geplant word. Die Solitair DT is beskikbaar in 4 m en 6 m en die 9 m-eenheid gaan by NAMPO wees.
Vind meer uit oor LEMKEN masjiene by Karel Munnik by (+27)82-412-2577 of k.munnik@lemken.com; of Blackie Swart by (+27)82-404-9651, of b.swart@lemken.com, of Wessel Vosloo by (+27)66 280 6564, of Gerrit Janse Van Rensburg by (+27)82 528 7881, of besoek www.lemken.com. Besoek hulle ook gerus by vanjaar se NAMPO Oesdag.