Bekostigbaarheid ONTMOET KRAG: Waarom Mahindra die slim keuse is om jou vloot uit te brei

850_1932
Suid-Afrika se diverse nywerhede vra voertuie wat moeilike toestande kan weerstaan, swaar vragte kan dra en kostedoeltreffend kan funksioneer. Mahindra het dekades lank ‘n reputasie opgebou vir die vervaardiging van kragtige, betroubare en praktiese voertuie wat perfek aan ondernemings van alle soorte se eise voldoen. Of jy nou jou sakebedrywighede bestuur of veldryverkenning doen, die Mahindra Pik Up is ‘n werkesel vir enige bedryf.
Robuust en betroubaar vir enige onderneming
Bedrywighede in nywerhede soos konstruksie, logistiek, landbou en mynbou vereis voertuie wat meer as net geplaveide paaie kan hanteer. Mahindra het sy wortels in die vervaardiging van robuuste masjinerie, insluitend trekkers, en dit bring dieselfde ingenieurskrag na sy reeks bakkies. Die Mahindra Pik Up is ‘n uitstekende voorbeeld van hierdie duursaamheid. Dit is ontwerp om die strawwe van uitdagende werksomgewings te hanteer, en is toegerus met 4×4-vermoëns, hoë grondvryhoogte en sterk sleepvermoë, wat dit ideaal maak vir sowel kommersiële werkladings as avontuurlike veldry-eskapades.
‘n Groot laaibak met ‘n maksimum loonvrag van 1 200 kg en ‘n geremde sleepvermoë van 2 500 kg maak dit die hardwerkende, betroubare spanspeler wat jy nog altyd wou gehad het. Dit word aangedryf deur Mahindra se legendariese 2,2-liter, 4-silinder mHawkturbodieselenjin wat ‘n indrukwekkende 103 kW krag en 320 Nm wringkrag lewer, wat moeitelose versnelling en al die spiere bied wat jy ooit nodig het.

Die nuwe sesspoedratkas dra hierdie krag gladweg en doeltreffend na die pad oor. Die opgedateerde ingenieurswese is ook meer brandstofdoeltreffend en laag op CO2-vrystelling – ‘n kenmerk van Mahindra se voorpunt-tegnologie. Boonop bied Mahindra se waarborgen diensplanne gemoedsrus aan eienaars wat daagliks op hulle voertuie staatmaak. Die laer totale koste van eienaarskap maak Mahindra ‘n slim belegging vir ondernemings wat hulle voertuigvlote wil uitbrei sonder om hulle bankrot te betaal.
Vir diegene wat op soek is na hoër kenmerkspesifikasies, bied Mahindra ook ‘n reeks uniek toegeruste spesiale uitgawe Pik Ups soos die Pik Up Karoo Dusk, Karoo Dew, Karoo Dawn en Karoo Storm. Met die nuwe Mahindra-vertoonlokaal wat nou in Alberton oop is, kan ondernemings in en rondom Gauteng verder die reeks verken, toetsritte bespreek en eerstehands ervaar waarom Mahindra ‘n betroubare naam oor verskeie bedrywe word.
Besoek die Alberton-vertoonlokaal vandag, of besoek Mahindra se webwerf www.mahindraalberton.com en ontdek hoe Mahindra jou onderneming se sukses kan bevorder!