Bekostigbaarheid en betroubaarheid: Hoekom Kallie Viljoen op Agrico staatmaak in Pandamatenga

IMG_5051
Pandamatenga, in die noorde van Botswana, is bekend vir sy swaar kleigrond, grootskaalse droëlandboerdery en toenemende beleggings in besproeiing. Dis ook ’n uitdagende streek met sterk winde, hoë energie – en lang afstande tot by die naaste verskaffers beteken dat boere slim moet werk met elke druppel water en elke masjien wat hulle aankoop.
Pandamatenga in die noorde van Botswana is bekend vir sy swaar kleigrond, grootskaalsedroëlandboerdery en toenemende beleggings in besproeiing. Dit is ook ’n uitdagende streek met sterk winde, hoë koste vir energie – en die lang afstande tot by die naaste verskaffers beteken dat boere slim moet werk met elke druppel water en elke masjien.
Een van die boere wat hierdie uitdagings daagliks trotseer is Kallie Viljoen, eienaar van Estfort Holdings. Ná 25 jaar in Pandamatenga het hy ’n duidelike perspektief op wat werk en wat nie, en sy ervaring met Agrico se produkte en diens is ’n getuienis van die waarde van die regte vennootskap.
’n Verskeidenheid oplossings: spilpunte, implemente en drupbesproeiing
Kallie se boerdery strek oor sowat 2 400 ha droëlande plus ’n addisionele 180 ha onder besproeiing. Onder die droëlande plant hy sorghum, sonneblom, kekerertjies en mungbone, terwyl hy op die besproeiingsgedeelte mielies, koring, groente en pampoene produseer.
Vir hierdie diversiteit maak hy staat op hierdie Agrico-oplossings:
- Verskeie Agrico-spilpunte van 7,5 tot 12,5 ha;
- Twee 4 m-hoëspoeddisse (HSD), wat volgens hom ’n “wonderlike produk” is vir Panamatenga se swaar gronde; en
- Drupbesproeiing vir tamaties en groenrissies.
“Ek het in 2022 my eerste twee HSD’s gekoop, en ek kan sê dit is een van die beste besluite wat ek nog geneem het. Hulle sny jaarliks deur al my lande en die slytasie en onderhoudskoste is verbasend laag,” sê Kallie. “Dis hoekom ek nou reeds beplan om ’n 8 meter-HSD aan te koop om die werk nog vinniger te doen.”

Kallie Viljoen is die eienaar van Estfort Holdings en ook die voorsitter van die plaaslike boerevereniging in Pandamatenga in die noorde van Botswana. Hy praat met lof van Agrico en van MC Pretorius (regs) van Agrico se Nylstroom-tak.
Die waarde van goeie diens
Kallie beklemtoon Agrico se betroubare dienslewering veral deur MC Pretorius en die res van die span by Agrico Nylstroom.
“Hierdie streek is ver van alles. As ’n masjien breek, beteken dit normaalweg ’n rit na Suid-Afrika toe vir parte. Maar met Agrico se diens is dit net ’n telefoonoproep weg. In Desember, toe ’n paar van my spilpunte omgewaai het, was hulle binne drie dae hier tussen Kersfees en Nuwejaar. Dit is diens wat jy nie maklik kry nie,” vertel hy.
MC bevestig dat dit ’n kernfokus van Agrico is: “Ons weet die boere hier sit 900 km en verder van Suid-Afrika af, sonder plaaslike tegniese bystand. Dis hoekom ons nie net produkte verkoop nie maar van die eerste oproep tot die finale installasie by die boer betrokke is. En as daar ’n probleem is, sorg ons dat mense of onderdele so gou as moontlik op die plaas is.”
Praktiese oplossings vir plaaslike uitdagings
Pandamatenga se gronde kan net sowat 13 tot 14 mm water per uur absorbeer as gevolg van die hoë klei-inhoud. Die verkeerde spuitpakkete veroorsaak groot druppels ’n seëllaag op die grond wat water-afloop en -verliese tot gevolg het.
Volgens Kallie is dit presies hoekom Agrico voorgestel het dat hulle Nelson se Orbitor-spuitpakkette gebruik: “Die gemiddelde druppelgrootte van die Orbitor voorkom afloop en verseker dat die water effektief infiltreer, selfs in winderige toestande. Dis boeremusiek vir ons ore, want water is duur en ons werk meestal met diesel- of sonkragpompe.”
Nóg ’n uitdaging is energie. Omdat Pandamatenga nie ’n stabiele elektrisiteitsnetwerk het nie, is boere afhanklik van sonkrag en kragopwekkers. Agrico ontwerp daarom stelsels spesifiek vir hierdie omstandighede. “Hulle het vir my die mees kostedoeltreffende pompe en oplossings ontwerp om water so goedkoop moontlik op die grond te kry,” verduidelik Kallie.
Gehalte hoef nie altyd duur te wees nie
Benewens die diens vertel Kallie van die gehalte en bekostigbaarheid van Agrico se produkte. Hy wys op die spilpuntstrukture wat al meer as 30 jaar in Botswana staan en steeds funksioneer.
“Agrico se pryse is eenvoudig meer bekostigbaar as ander stelsels wat ek gebruik het. Dit beteken ek kan meer hektare onder besproeiing bring. Die strukture self is solied en ek kan nie kla oor die kwaliteit nie,” sê hy.
MC Pretorius voeg by dat Agrico ’n unieke voordeel het omdat hulle hul eie PVC-pype en staalonderdele in Bellville en Lichtenburg vervaardig, wat in-huis galvanisering insluit. Die voordeel daarvan is dat Agrico-komponente se sinklagie dikker en meer korrosiebestand is as baie ander vervaardigers. “Dit gee boere die vertroue dat ’n spilpunt wat ons oprig ’n lang lewensduur gaan hê.”
’n Betroubare vennoot in ’n uitdagende streek
Vir Kallie en ander boere in Pandamatenga is dit duidelik: Agrico is nie net ’n verskaffer nie, maar ’n vennoot in hul boerderye. “Ek sal enige tyd Agrico se produkte aanbeveel vir my medeboere. Dis bekostigbaar, betroubaar en die diens is uitstekend,” sê hy.
In ’n streek waar afstand, wind, kleigrond en energiebeperkings groot struikelblokke is, maak die regte vennoot die verskil tussen boer en blom. Agrico se kombinasie van gehalteprodukte, praktiese oplossings en toegewyde diens stel boere soos Kallie Viljoen in staat om volhoubaar te produseer, en om met selfvertroue die toekoms in te gaan.
Vir meer inligting oor Agrico, besoek hul webblad of stuur ’n e-pos aan info@agrico.co.za