Bek-en-klouseer nou ook in Vrystaat

R711_tussen_Clarens_en_Fouriesburg,_oos-Vrystaat
Vrystaat- Clarens
Bek-en-klouseer is op ‘n kommersiële plaas in die Moghaka plaaslike munisipale gebied in die Kroonstad veeartsenygebied aangeteken.
Volgens ‘n mediaverklaring van die Departement van Landbou, is die plaas is op 8 Julie in kwarantyn geplaas en beheermaatreëls, insluitend waarneming en inenting is onmiddellik in werking gestel.
Vooruit- en terugsporing word gedoen om die oorsprong van die besmetting te bepaal; plase binne ‘n 10 km-radius word waargeneem om te bepaal of hulle ook besmet is.
Tans is 270 uitbrekings in vyf provinsies in volle swang. Dit sluit 249 oop uitbrekings en 21 wat gesluit is in. Daar is steeds 40 uitbrekings in die Oos-Kaap, waarvan twee gesluit en 28 oop is. Die laaste uitbrekings in die provinsie het in September verlede jaar voorgekom.
KwaZulu-Natal loop die ergste deur met 191 uitbrekings waarvan 172 aktief en 10 gesluit is. Sedert Mei vanjaar is 32 uitbrekings in Gauteng aangemeld, terwyl daar vier oop uitbrekings in Noordwes en drie uitbrekings in Mpumalanga is.
Siektebeheergebied in KwaZulu-Natal
Die Departement van Landbou het die gebiede wat tans oop is aangepas om die gebiede in te sluit wat tydens ‘n vorige afbakening van die siekebeheergebied (SBG) soos in die Staatskoerant gepubliseer, te korrigeer.
Die volgende munisipale gebiede maak steeds deel uit van die SBG in KwaZulu-Natal:
Plaaslike munisipale gebiede wat in geheel binne die SBG val, sluit in
Big Five Hlabisa, Mtubatuba, Nongoma, Ulundi, Umhlabuyalingana, Jozini, Pongola, Abagulusi, Umfolozi, uMhlatuze, Mthonjaneni, Ngutu, Nkandla, uMlalazi en Mandeni.
Die gebied sluit ook ‘n deel van die volgende plaaslike munisipaliteite in, naamlik
Newcastle, suid van die R34 tot en met oos van die N11;
Dannhauser, oos van die N11 en Noord van die R68;
Endumeni, noord van die R68 en oos van die R33;
Msinga oos van die R33;
UMvoti, oos van die R33 tot by die R784 en noord van die R74;
Maphumulo, noordoos van die R74;
Ndwedwe, oos van die R74;
KwaDukuza noordoos van die R74 tot by die N2 en wes tot by die N2 tot by Mandeni.
Kontakbesonderhede
Vir meer inligting, kontak Dipepeneneng Serage, adjunk direkteur-generaal, Landbouproduksie, Biosekerheid en Natuurlike hulpbronbestuur by 060-551-5686.