Categories: NewsPublished On: 5th December 2016

Beesvleispryse versterk

By 2 min read
407 words
beeste

bonsmaras

Plaaslik bied die verswakkende rand en dalende slagsyfers, sowel as gunstige weerstoestande ondersteuning aan beesvleispryse.

Internasionaal word hoër beesvleispryse vir die res van 2016 voorspel, volgens ABSA Agri Trends.

Plaaslik

Beesvleispryse het week-op-week effens versterk gedurende die week van 22 November. Pryse sal na verwagting meer ondersteuning kry weens die beter aanvraag in die komende feesseisoen.

Die voorspelde ABSA-beesvleispryse is as volg: Klas A-pryse is 0,16% hoër teen R37,80/kg en Klas C-pryse is 0,21% hoër teen R32,95/kg. Die gemiddelde speenkalfprys was 0,48% hoër teen R20,95/kg. Die gemiddelde huidpryse was vir die week 0,31% laer teen R15,24/kg vir ‘n groen huid. Dié pryse was in lyn met die verswakkende Suid-Afrikaanse wisselkoers teen 1,19% oor die week. Dié neiging mag voortgaan om ‘n impak op die pryse van velle te hê.

NB* Huidpryse word bepaal deur die gemiddelde van die Rooivleisabattoirvereniging en onafhanklike maatskappye.

Bulmark faktore

  • Pryse sal ondersteun word deur maandeinde-verkope en die gunstige weerstoestande. Slagsyfers het in die afgelope vier weke afgeneem weens die verbeterde reënval.
  • Pryse styg seisoenaal van nou tot en met die feesseisoen weens die verbeterde aanvraag in dié tyd.

Beermark faktore

  • Verbruikersdruk kan ‘n negatiewe uitwerking op die vraag na veeprodukte hê, veral as pryse hoog is. Veepryse sal na verwagting steeds ondersteun word soos wat die onlangse reëns weidings laat verbeter.
  • In 2017 kan ‘n versterkende rand en ‘n verbetering in voerprysvlakke moontlik druk op pryse plaas.

Internasionaal

Gedurende die week van 22 November 2016 het Nieu-Seelandse bulle meestal sywaarts verhandel teen 5,38NZ$/kg en koeie het sywaarts verhandel teen 3,91NZ$/kg onderskeidelik vergeleke met die vorige week.

Beesvleis het as volg meestal hoër verhandel in Amerika: binneboud was 1,14% laer teen $181,71/cwt, kruiskyf het 1,46% hoër verhandel teen $220,73/cwt en lendeskyf het 11,68% hoër verhandel teen $425,55/cwt. Dikrib het -1,38% laer verhandel teen $195,89/cwt en borsstuk het 4,86% hoër verhandel teen $205,94/cwt. Die karkas-ekwivalent in Amerika was 4,73% hoër teen $241,84/cwt.

Bulmark faktore

  • Die Nieu-Seelandse dollar het week-op-week met 2,6% verswak en so onderliggende prysondersteuning aan beide veeprodusente en verwerkers gebied, maar dit laat die produksiekoste van vee styg.
  • Lae slagtingsyfers in Nieu-Seeland het kompetisie laat toeneem en die vraag na voerkalwers soos wat produsente beeste terughou, gaan voort om druk op voorrade te plaas.

Beermark faktore

  • Amerikaanse beespryse toon ‘n afwaartse neiging wat lei tot laer invoerpryse vir invoerlande. Die nasionale slagsyfers in Amerika het week op week met 3,1% gestyg tot 629 000. Dit is ‘n 10,2% jaar op jaar styging.

Bron: RPO Bulletin

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0