Beeste presteer op selfgemengde lek en voer

yara 1
deur Alina Taute, Yara Animal Nutrition SA
Willem Pieterse is die eienaar van Sarwipi Beefmasters, ’n Beefmasterstoet in die Greylingstad-omgewing, en hy glo daaraan dat sy bulle bogemiddeld moet presteer, maar so ekonomies moontlik gevoer moet word totdat hulle op driejarige ouderdom op ’n jaarlikse produksieveiling aangebied word.
Die beskikbaarheid van Sarwipi Beefmaster-veilingsbulle begin met die gebruik van die beste beskikbare plaaslike, sowel as ingevoerde, VSA Beefmaster-semen waarmee die koeie/verse kunsmatig geïnsemineer (KI) word. Wanneer die bulletjies ongeveer sewe maande oud is, word hulle gespeen en oorwinter hulle op hoofsaaklik natuurlike weiding wat in moeilike jare met hooi aangevul word en Yara Animal Nutrition South Africa se winteronderhoudslek in die volgende mengsel:
Mielies 250 kg
Voergraad ureum 150 kg
PhoSure P12 150 kg
Kalori 3000 50 kg
Veesout 350 kg
Voergraad swael 7 kg
In Oktober begin al die bulletjies met ’n veldbulgroeitoets. Tydens hierdie toetstydperk word die bulletjies se voeding slegs met Yara Animal Nutrition South Africa se produkte aangevul.
Dit bestaan uit:
PhoSure P12 600 kg
Sout 400 kg
Voergraad ureum 50 kg
Sowel winter- as somerlek word ad lib gevoer.
Geselekteerde bulle gaan hulle tweede winter binne en hulle voeding word weer met Yara Animal Nutrition South Africa se winteronderhoudslek aangevul. Tydens hierdie tweede winter word bulle se massa net onderhou en sit hulle geen vet aan nie.
Vanaf November word van die geselekteerde bulletjies in die koeikudde gebruik, nadat die koeie eers kunsmatig geïnsemineer is. In Mei van die volgende jaar word hulle ingebring om gevoer te word vir die veiling. Na hulle tweede winter weeg die bulle in die omgewing van 640 kg en hulle word gevoer tot ongeveer 800 kg.
Na twee jaar word die bulle afgerond vir die veiling op ’n volvoer met kuilvoer en Yara Animal Nutrition South Africa se produkte. Willem sê hy bespaar ongeveer 50% van die koste deur self sy voer te meng, teenoor klaargemengde voere.
Die mengsel wat tans gebruik word vir die afronding van die bulle vir die veiling, lyk só:
Mielies 400 kg
Kuilvoer 600 kg
Katoensaad 75 kg
HPK 85 50 kg
Melassemeel 40 kg
Hooi 120 kg
Sarwipi Beefmasters is ’n sterk ondersteuner van die veldbulkonsep en voer bulle eers van Mei af wanneer daar kuilvoer beskikbaar is. Die bulle word elke twee weke geweeg om seker te maak dat hulle die verlangde gemiddelde daaglikse toename (GDT) bereik. Hooi word ad lib eenkant gevoer.
Twee van die groot uitdagings wanneer bulle vir ’n veiling voorberei word, is hulle sementelling en uitgroei van hoewe. Al Rustfontein se bulle het die afgelope twee jaar op Yara Animal Nutrition South Africa se kuilvoermengsel met hulle eerste toetsing ’n telling van meer as 70% behaal. Dr Neels van Wyk, die veearts op Grootvlei, doen die toetse. Die bulle het deur die voertydperk geen negatiewe hoefgroei, suurpens of laminitis gehad nie.
Sarwipi Beefmasters behaal nie net sukses met die bulle nie, maar ook met die verse wat op 24 maande kalf. Na speen oorwinter die verse op goeie Smutsvinger en oesreste. Die verse tel gemiddeld 20 kg op tot aan die einde van September wanneer hulle ’n jaar oud is.
Gedurende die winter kry die verse die volgende lek ad lib:
Katoenoliekoek 200 kg
Mielies (fyngemaal) 150 kg
Sout 100 kg
PhoSure P12 50 kg
Ureum 25 kg
Kalori 3000 12,5 kg
Swael 1,5 kg
* ’n Ionofoor word bygevoeg
Gedurende dekseisoen is die dragtigheid van die verse elke jaar ongeveer 80%. Wat interessant is, is dat meer as 80% van die eerstekalfkoeie dragtig was. Dit is behaal in ’n dekseisoen van 63 dae met bogenoemde lek.
Willem sê: “Ons resultate en kostebesparing is uitstekend, daarom sal Sarwipi Beefmasters aanhou om Yara Animal Nutrition South Africa se produkte te gebruik en met vrymoedigheid aan te beveel.”
Vir verdere inligting kontak Alina Taute by 082-322-0333 of Ben de Klerk by 082-850 9776. Besoek ons by www.yara.co.za/animal-nutrition

Willem Pieterse van Sarwipi Beefmasters en Ben de Klerk van Yara Animal Nutrition South Africa deel in die vreugde van goeie beeste wat goed presteer met die regte voeraanvulling.