Bees- en skaappryse

MINOLTA DIGITAL CAMERA
MINOLTA DIGITAL CAMERA
Van die buiteland tot plaaslik
Internasionaal bly beesvleispryse stabiel weens die braaiseisoen-vraag uit Amerika en beperkte voorrade in Australië. Stowesnitte is egter gewild in die koue toestande, volgens ABSA Agri Trends.
Gedurende die week van 21 Junie 2016 het Nieu-Seelandse bulle sywaarts verhandel teen NZ$514 en koeie se pryse het ook konstant gebly teenoor verlede week, teen gemiddeld NZ$383.
Beesvleis het as volg in Amerika verhandel: binneboud was 2,87% laer teen 201,52cwt, kruisskyf het 2,49% laer verhandel teen $285,32/cwt en lendeskyf het 3,18% laer verhandel teen $603.83/cwt. Dikrib het 1,89% hoër verhandel teen 203,30/cwt en borsstuk het 6,48% hoër verhandel teen $277,68/cwt.
Die karkas-ekwiwalent in Amerika was 0,57% hoër teen $307,60/cwt.
Bulmark-faktore
- Die Australiese buro vir landbou en hulpbronne se jongste vooruitskouing verwag dat ‘n tekort aan voorrade die beesvleispryse opwaarts kan druk in 2016/17.
- Verwagte natter weerstoestande en die voorspelde La Nina-verskynselsal daartoe lei dat die heropbou van kuddes aangemoedig word, wat verdere beperkings op die beskikbaarheid van voorrade sal plaas. Opwaartse druk sal dus op pryse geplaas word.
- Beesvleispryse was in die week van 21 Junie stabiel in Amerika.Vadersdag en onafhanklikheidsdag het groter beesvleisverkope tot gevolg gehad.
- Beperkte voorrade in Nieu-Seeland dra verder by tot goeie ondersteuning vir die beesvleismark.
Beermark-faktore
Daar is kommer oor groeiende voorrade in Amerika en ‘n toekomstige afname in die vraag na beesvleis.
Groter voorrade goedkoop Suid-Amerikaanse beesvleis, veral van Brasilië beperk die vraag na die duurder Nieu-Seelandse produk.
Meat and Livestock Australia voorspel dat die opbloei in die Brasiliaanse beesvleis sal lei tot prysmededinging vir Australiese bees-uitvoerders wat sake doen in Asië.
Plaaslik
Beesvleispryse het gedurende die week van 21 Junie afgeneem: Klas A-pryse was 0,86% laer teen R38,00/kg en Klas C-pryse het 0,57% hoër verhandel teen R28,45/kg. Die gemiddelde speenkalfprys was 1,12% hoër teen R19,78/kg. Die gemiddelde huidpryse was met 0,20% hoër teen R15,11/kg vir ‘n groen vel.
Bulmark-faktore
218 893 beeste is in April geslag, vergeleke met 246 548 in Maart. Die afname in die aantal diere wat geslag is mag beteken dat daar mindervoorraad in die mark sal wees en dit kan pryse ondersteun.
Beermark-faktore
- Seisoenale afname in pryse en laer groei in verbruikersbesteding, hoër voedselinflasie en hoër rentekoerse kan druk op die langtermyn-vooruitsigte van pryse plaas.
- Week-op-week stygings in slagtings soos deur die Rooivleisabattoirvereniging gerapporteer kan meer druk op pryse plaas.
Plaaslike skaapvleispryse is onder druk
Internasionaal sal ‘n verhoogde vraag weens die Ramadan-geloofsfees en ‘n kombinasie van laer voorrade in biede Nieu-Seeland en Australië weens ‘n kleiner skaapkudde voortgaan om ondersteuning aan skaapvleispryse te bied, volgens ABSA Agri Trends.
Plaaslik sal die seisoenale afname in vraag gedurende die winter oor die korttermyn druk op pryse plaas.
Internasionaal
Nieu-Seelandse lam het in die week van 21 Junie 2016 meestal laer verhandel en skaapvleispryse het sywaarts verhandel in vergelyking met die vorige week. Lam het 0,38% laer afgesluit op NZ$69/kop vir 15kg. Ooie het dieselfde afgesluit teen NZ$51.2/kop vir ‘n 21kg ooi. Invoerpariteitspryse vir lam was 0,02% hoër teen R63,14/kg, terwyl die invoerpariteitsprys vir skaapvleis 0,35% hoër was teen R34,72/kg. Die droë toestande laat Nieu-Seelandse produsente wonder of daar genoeg weiding in die lente sal wees.
Bulmark-faktore
- Verhoogde vraag weens Ramadan.
- Die Wes-Australiese skaapuitvoermark sukkel om aan die internasionale vraag te voldoen. Laer voorrade ondersteun die pryse.
- Beperkte lamsvoorrade in Nieu-Seeland sal na verwagting opwaartse druk op pryse plaas.
Beermark-faktore
- Daar word voorspel dat dit ‘n negatiewe uitwerking op Nieu-Seeland kan hê wanneer Brittanje die Europese Unie verlaat.
- Goedkoper alternatiewe proteïene is vrylik beskikbaar, wat druk op pryse plaas.
Plaaslik
Pryse het gedurende die week van 21 Junie 2016 gedaal. Die voorspelde ABSA-pryse was as volg: Klas A het 0,62% laer verhandel teen R56,15/kg en Klas C het 0,20% hoër verhandel teen R40,37/kg. Die gemiddelde pryse van voerlammers was 0,40% laer teen R29,88/kg. Die gemiddelde prys van dorperskaapvelle het 2,59% laer verhandel teen R56,50/vel en merino het 5,73% hoër verhandel teen R92,27/vel onderskeidelik.
Bulmark-faktore
- 332 159 diere is in April geslag, vergeleke met 435 841 diere in Maart. Die afname in slaggetalle mag beteken dat daar minder voorrade in die mark is, wat pryse sal ondersteun.
- ‘n Week-op-week afname in slagtings van 13,90% soos deur die Rooivleisabattoirvereniging gerapporteer, mag pryse verder ondersteun.
Beermark-faktore
Seisoenale afnames in pryse mag druk op pryse plaas.
Bron: RPO Bulletin