Categories: NuusPublished On: 9th April 2018

Baie insekoordraagbare siekte aangemeld

By 1 min read

inenting

Het jy al jou kalwers wat tussen vier en agt maande oud is teen brusellose ingeënt? Dis nou tyd, want anders gaan nie net die droogte jou vang nie, maar ook siektes onder jou vee.

Insekoordraagbare siektes (knopvelsiekte, drie-dae-stywesiekte en bloutong) word in verskeie dele van die land aangemeld, volgens die maandelikse verslag oor dieresiekteneigings soos informeel gerapporteer deur die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA).

Dit sou nie die geval gewees het as diere voor die reënseisoen (Augustus 2017) ingeënt was nie. Geen gevalle van Slenkdalkoors is aangemeld nie. Die bedryf sit op ‘n tydbom omdat baie diere nog nooit ingeënt is nie, terwyl die meeste kuddes hoogs vatbaar is.

‘n Hondsdolheiduitbreking het in die Stella-gebied voorgekom en 29 beeste is dood.Die beeste   was in ‘n   ekstensiewe   weistelsel en besmette jakkalse was moontlik verantwoordelik vir die  uitbreking. Boere en hulle werkers moet altyd hondsdolheid vermoed as diere vreemd begin optree.

Cryptosporidiosis, coccidiosis, E. coli, rota- en corona-virusse veroorsaak steeds dodelike uitbrekings op baie plase. Dit is uiters belangrik om biosekuriteitsmaatreëls in plek te hê en goeie higiënepraktyke toe te pas.

Bosluisoordraagbare siektes (Afrika en Asiatiese rooiwater, anaplasmose en knopvelsiekte) was die oorsaak van heelwat mortalitiete.

Bron: RPO Nuusbrief

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0